top of page

Here, hou my tog in gedagte!
Preek Génesis 40 - Woorde uit sy Woning
Party van ons lê al jare in ‘n sel, ‘n depressie gat, ‘n kuil van siekte, in ‘n kerker van eensaamheid, in ‘n werkloosheidsgat. Hopeloos. Soms met ‘n verbittering wat al vereelt het. Hoe lank nog, Here? Here, hou U my tog net in gedagte! Woordverkondiging: Génesis 40, Psalm 105, ds Gustav Opperman,. Vir ons, Geliefdes, vir ons het die Here die geskiedenis van Josef laat opteken. En as ons vandag hier uitmekaar gaan, weet dit: ... Al het jou beste vriend jou vergeet, al is daar niemand ... niemand wat jou meer ken nie of wil ken nie, niemand wat aan jou dink nie ... Die Here sal jou nie vergeet nie. Die Here hou jou in gedagte al lyk jou gevangenis hoe dig. Die Here se woord skyn deur die donker. Die Here se woord verlig die swartste nag. Die Here se openbaring maak van my lewe ... ‘n lug vol helder wolke. Hou my tog net in gedagte ... Geliefdes, hoeveel keer het u nie al so uitgereik nie daar vanuit u persoonlike gevangenis? die lewensgat waarin u lê ...? Hoeveel keer het u nie al u vingers deur die tralies uitgesteek nie na vriende ... na familie ... na verbygangers ... na u predikant ... wie ook al ... en gevra ... Hou my tog net in gedagte! Maar dan, wanneer ons aan die einde van hierdie Skrifgedeelte kom, dan lees ons: Die voorman van die skinkers ... hy het nie aan Josef gedink nie ... Die voorman van die skinkers het Josef vergeet. Op prinse kan ons nie vertrou nie by wie niemand heil kan vind op die mens kan jy jou hoop nie bou nie ... Bron: Génesis 40, Psalm 105:1-22 Here, hou my tog net in gedagte! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 11 03 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 300
bottom of page