top of page

Hemelse vrede!

Nagmaal Preek Johannes 14 - Woorde uit sy Woning

Vrede bly ‘n gewilde woord in die wêreld, gewild maar altyd net buite bereik. “My vrede is anders”, sê die Here Jesus Christus. Sy vrede en die wêreld se vrede verskil hemelsbreed. Sy Vader het Hom op ‘n vredesending gestuur om die vyandskap wat daar tussen ons en God is, uit die weg te ruim, aan die kruis weg te ruim. Nagmaal en Nabetragting Johannes 14, ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas. Die Here Jesus praat met sy dissipels die nag voor sy kruisiging. Die volgende dag sou Hy sou Hy sy eie dood ervaar en al die magte van die hel sou op Hom losgelaat word ... maar Hy is nie oor Homself bekommerd nie ... Hy bekommer Hom oor sy broers en susters wat Hy agterlaat ... Hy bekommer Hom oor sy nalatenskap. hy bekommer Hom oor ons erfdeel, oor dit wat sy dissipels na sy heengaan, sal erf. Hy het vir ons vrede nagelaat ... sy vrede. Nou as ons die woord “vrede” vandag hoor, dat is mens geneig om sinies te wees, nie waar nie? ‘n Eeu gelede, aan die einde van die eerste wêreldoorlog het die vyandelike magte ‘n vredesooreenkoms onderteken ... om nie net ‘n einde aan daardie oorlog te bring nie, maar om ‘n einde aan alle oorlogvoering te bring. So het hulle destyds gesê, maar u weet wat alles intussen gebeur het. ‘n Kwart eeu gelede het Suid-Afrika se KODESA vredesooreenkoms in werking getree ... met ‘n grondwet, wat almal in die land se menseregte en grondregte sou beskerm. Niks meer rassisme nie. Alle mense se eiendom sal beskerm word. ‘n land van vrede , Ons is ‘n model vir die res van die wêreld. So het hulle gesê. Ook al die dominees en kerklui wat ons die afgelope dekades probeer wysmaak dat ons nou in ‘n wonderlike nuwe bedeling leef ... ‘n land van gay regte ‘n land waar alle genders soos die kleure van die reenboog kan skyn ‘n land van vroue regte waar moeders met hulle ongebore babas op die ashope van mediese afval kan wegdoen. maar hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! terwyl daar geen vrede is nie. So het die profeet Jeremia in sy tyd gekla en so kla ons vandag nog (Jer 6:14) Hulle maak of daar vrede is, terwyl daar eintlik geen vrede is nie. Oor en oor word die woord vrede herhaal, maar ons weet dis maar net ‘n ydele herhaling van woorde ... Bron: Johannes 19 Hemelse Vrede Nagmaal en Nabetragting Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 03 14 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Pa 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 210
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page