top of page

Gryp die Ewige Lewe! Desire Eternal Life!
Preek Romeine 2 - Woorde uit sy Woning
English and Afrikaans description and subtitels : We are half-hearted creatures that strives for alcohol and sex and ambition. We must obtain money and good and human fame at all costs while God's incomparable joy is offered to us. Then there are those who desire eternal life, but they drag their feet on their way. They are not lukewarm, but neither hot. They seek nothing. They are scurrying through life. They float on the water and sometimes the stream takes them. Their spiritual life is tame and listless. When they pray it soon becomes repetition of vain words They read the Bible and they find it strange that the apostle Paul wrote to Timothy: Fight! Fight the good fight of faith, take hold of eternal life (1 Tim. 6:12). The faith life is a race. Harness ... strain all your powers, so that you can obtain eternal life as a prize! Seek glory, seek glory, seize immortality! You need it! If you want to understand the essence of humanity's problem and God's answer to that, read the letter to the Romans. After nearly two thousand years, this letter, like the rest of the Bible, has resisted the test of time, and it only shines with urgent topicality today. Paul, the slave of Jesus Christ, had an intention to visit the Christians in Rome. For several reasons it was not possible and therefore he wrote to them a letter ... a remarkable letter. This letter explains the main doctrines of what he calls the Good News. The letter to the Romans would later become the fundamental document of the Christian doctrine. In this series of sermons from Romans, Rev Gustav Opperman guides you on this journey. Ons is halfhartige skepsels wat drank en seks en ambisie onverpoosd najaag, wat geld en goed en menslike roem ten alle koste moet verkry en behou terwyl God se onvergelykbare blydskap ons aangebied word. Dan is daar diegene wat wel die ewige lewe begeer, maar hulle sleep hulle voete op pad daarheen. Hulle is nie lou nie, maar ook nie warm nie. Hulle soek niks nie. Hulle slenter deur die lewe. Hulle dryf op die water en partykeer vat die stroom hulle. Hulle geestelike lewe is tam en lusteloos. As hulle bid word dit gou ‘n herhaling van ydele woorde Hulle lees die Bybel en hulle vind dit vreemd dat die apostel Paulus aan Timoteus skryf: Stry! Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe (1 Timothéüs 6:12). Die geloofslewe is ‘n wedloop. Span al jou kragte in, sodat jy die ewige lewe as prys kan behaal! Soek heerlikheid, soek eer, gryp na onverganklikheid! Jy moet die wil hê! Bron/Source: Gryp na die Ewige Lewe! Desire Eternal Life! Reverand Gustav Opperman Justified Romeine #11 Desire honour/Wees 'n eersoeker Romeine 2:7 As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In hierdie reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op die reis. Music: Saraband and Variations - Händel position: 584
bottom of page