
Groter as die Doper
Luk 7 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Die Here se profeet is ongeduldig. Onder Johannes se omstandighede is hierdie frustrasie verstaanbaar. Net soos dit vandag onder ons eie omstandighede verstaanbaar is: Hoe kan die Here soveel onreg in hierdie land toelaat, soveel onskuldige bloed laat vergiet, soveel misdaad en geweld, soveel hoerery en Godslastering? Waar is die God van oordeel en gerig? Woordverkondiging: Luk 7 ds Gustav Opperman, GK Colesberg.
Wat ‘n wonderlike voorreg om in Petrus of Johannes of Paulus se sandale te kon gestaan het. Om te kon getuig: ek het Hom gehoor ek het Hom gesien ... in lewende lywe. Om te kon sê: Ek was die ontvanger van God se grootste openbaring: Jesus Christus ... in lewende lywe ... ‘n openbaring waarvan die grootste profete uit die Ou Testament slegs kon gedroom het.
Daar was baie groot profete. Die grootste van almal was Johannes die Doper en tog van die mense wat dié dag voor die Here Jesus gestaan het, sou selfs die kleinste groter as Johannes die doper wees. Hoekom is dit so?
Bron: Luk 3:1-20; 4:14-21; Luk 7:18-28
Teks: Luk 7:28 Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy Tema: Groter as al die profete
Psalms: 150:1,3; 150:3;102:5,8;40:5;147:6,7
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning:
Ps 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/