top of page

Grondstryd! Plaasmoorde. Wat moet die gelowige doen?

Preek 2 Kronieke 20 - Woorde uit sy Woning

Grondstryd. Plaasmoorde. Wat moet die gelowige doen? Sing die Strydpsalms! God se grondstryd vra God se psalms Lees 2 Kron. 20:1-30, Mat. 26:17-30 Teks: 21 En Josafat het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! Vroeër vanjaar het Afrikaners op verskillende plekke in die land optogte gehou. Baie van hierdie protesaksies was gelei deur die populêre sangers van die dag, mense wat bekend is in die wêreld van liedjies. Hulle het protesaksies teen die moord en geweld in hierdie land gelei, moord en geweld wat veral teen landelike Afrikaners gemik is. Moord en geweld wat byna stelselmatig besig is om die kommersiële boere van hulle grond te verdryf. Een van die grootste vyande wat die gedoopte Afrikanervolk vandag bedreig, is grondverlies. Grondverlies as gevolg van grondhervorming, grondverlies as gevolg van grondonteiening selfs, grondverlies omdat die eienaars eenvoudig net van die grond af verwilder word ... deur intimidasie ... deur dreigemente ... deur besetting ... deur stelselmatige berowing ... deur moord op moord, deur terreur. Die Bybel is nie stil oor hierdie probleem nie. Die Bybel is oor die belangrikheid van grond volgeskryf. Van die skepping van die aarde in Genesis tot die herskepping van die aarde in Openbaring is daar ‘n grondstryd aan die gang. Dis ‘n stryd tussen Koning Jesus Christus en die owerste van hierdie wêreld, Satan Slang. Net soos daar ‘n stryd oor siele van mense is, so gaan dit ook oor wie hierdie grond sal besit. Wie is die onbetwiste heerser oor die koninkryke van die aarde? Wie en wie se volgelinge sal die aarde beërwe? Dis waaroor dit gaan. Wat moet die gelowige te midde van hierdie stryd doen? Wat moet God se gedoopte volk doen as die magte van die hel teen hulle opgestel is? Ons teksgedeelte kom met ‘n verrassende antwoord: eintlik verbysterend eenvoudig, ‘n kinderlike antwoord ... Die Skrif leer ons dat ons die Psalms moet sing, dat ons in hierdie stryd weer die Psalms moet sing. Wat het ons gelees? En Josafat het sangers opgestel die sangers wat moes lofsing En hulle moes by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes sing: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! ‘n Groot menigte was gereed om die verbondsvolk uit die beloofde land te verdrywe, om die land wat die HERE aan Abraham en sy nageslag belowe het, om daardie land weer terug te eis nadat die HERE dit aan die Abraham se kinders gegee het ... (ons moet byvoeg) in bruikleen gegee het. Die land bly die HERE se besitting. Josafat en sy mense voel magteloos, benoud. In hulle is geen krag nie. Hulle weet nie wat hulle moet doen nie. Drie dinge het hulle wel reg gedoen. Hulle het ‘n vasdag uitgeroep, ‘n dag van verootmoediging, ‘n dag lank hulself van kos weerhou ... Hulle het gekom om die aangesig van die HERE te soek. Hulle het kom staan in die huis van HERE ... man, vrou en kind. En dan wil ‘n mens op hierdie punt self reeds moedeloos word, geliefdes in ons Here Jesus Christus, Hoe lank nog voordat ons gedoopte Afrikanervolk weer hierdie punt bereik? Hoeveel grond sal hulle eers moet afstaan? Hoeveel plaasmoorde moet daar nog wees voor ons mense hierdie punt bereik? Voor hulle werklik die aangesig van die HERE begin soek? Voor hulle in sak en as hier in die huis van die HERE kom staan? Daar was ... daar was ‘n tyd toe hulle dit wel gedoen het. Hulle het dit gedoen voor die slag van Bloedrivier toe hulle ‘n gelofte by Wasbankspruit afgelê het. Hulle het dit gedoen voor die Eerste Vryheidsoorlog toe hulle ‘n klipstapel by Paardekraal opgerig het. Soos Josafat en sy mense het hulle die aangesig van die HERE gesoek. Toe hulle omring van alle sye die vyand rondom hul sien staan het God hul stem gehoor uit lye (Psalm 118:3). Hierdie is nie ‘n saak van die gelowige se eiendomreg nie. Dis nie 'n saak van familiegrond nie. Dis nie ‘n saak van die akte van menseregte nie. Hier is geen grondwet ter sprake nie ... Dit gaan hier oor die eiendomsreg van die eintlike Besitter. Wie is die eintlike Besitter van die grond? Die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God. Ons plaas weekliks 1 tot 3 videos: oggenddiens, kategismusuitleg en Bybelstudies. Kry 'n gratis transkripsie van preke weekliks: Ontbeer u 'n aanddiens/Kategismusprediking of Bybelstudie? Hierdie reekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. position: 669
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page