top of page

God stoei met ons

Genesis 32 Ds Gustav Opperman GK Ventersburg

Miskien, as jy die Here ken, het jy ook verhaal van die dag of die nag wat Jesus sy hand op jou gelê het? Miskien, as jy die Here ken, was jy ook al in ‘n krisis en het jy ook die hand van die Here gevoel? Woordverkondiging: Genesis 32, ds Gustav Opperman, GK Ventersburg. 


Hier aan die begin van hoofstuk 32  herinner Jakob my so baie aan die “ja, maar” gelowiges (ek self daarby ingesluit). Die “ja, maar” gelowige  sien die engelemagte by Mahanáim, sien die leër van God ... die “ja, maar” gelowige sing Psalm 91 soos ons vanoggend, rondom jou ruis die engelevoet met liggewiekte tree hul kom die wandelaar tegemoet en lei hom op sy weë (Ps 91:6 berymd).  Die “ja, maar” gelowige bely die krag van gebed en sal saam met Jakob tot die God van die verbond bid: HERE, red my tog ... maar dan tog voortgaan  om homself te probeer red maar dan tog voortgaan om op sy eie bene te bly staan.  Ten diepste glo die “ja, maar” gelowige dat God diegene help, wat hulself help.  


Daarom maak Jakob allerhande planne ... allerhande planne om van sy broer te ontkom. Esau, wat deur Jakob bedrieg was, het meer as genoeg rede gehad het om met Jakob af te reken ...  en hy was op pad.  Benoude kat maak benoude spronge, sê die spreekwoord ... maar dit help nie, want Jakob kan daardie nag nie slaap nie ...  Wie van ons ken nie ook slapelose nagte nie? Daar kan baie redes wees: die geldjies raak op, jou dinge by die werk werk nie meer uit nie, jy kan nie vorentoe kom nie want dit voel asof jy in gom swem, jou kinders is in die moeilikheid jou huwelik is op die rotse.  


Jy word skielik wakker,  jy dink dis al 06h00  en dan kom jy agter, dis nou eers half-twee. En dan lê jy daar  terwyl jou gedagtes in die rondte tol En hoe meer jy jou probleme probeer deurdink,  hoe groter word hulle.  


Bron: Genesis 32:1-32 

Opnamedatum: 2022 10 16  


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ 

 Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page