top of page

God skep Nuwe Dae! Minireeks uit Jeremia 2/3
Nagmaal Preek Jeremia 31 - Woorde uit sy Woning
Dag der daens toe sat! U het miskien al hierdie uitdrukking gehoor? Dit kom van mense wat lewensmoeg is, van mense wat genoeg gehad het, genoeg opgevreet het. Van mense wat nie die nuwe dag met 'n lied in die mond begroet nie … ook nie met 'n eerste gevoel van dankbaarheid nie. Hulle vir wie vandag net so uitsigloos sal wees as gister en eergister net so uitsigloos as môre en oormore. En hierdie gevoel oorval ‘n mens dikwels aan die begin van ‘n nuwe jaar. Die jaar het weer met ‘n sloed weggespring en dis net ‘n gesloof hier en 'n gesleur daar. Dag der daens toe sat. Jeremia het by uitstek daardie gevoel geken soos die volk hom dae sonder tal verwerp het. Moeg om te profeteer dat die HERE se dae aan die kom is. Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, Hy was moeg om dit sê: Die HERE sal besoeking doen oor almal wat besny is, maar wat nogtans onbesnede is …(9:25) Hy was moeg om dit sê. Oor daardie dae wou Jeremia nie meer preek nie. Jeremia het immers reeds gesien hoe die volk die lang pad na Babel stap, hoe die stofwolk van hulle voete deur elke dag se woestynwind weggewaai word. En nou, skielik na dertig hoofstukke, skielik na een nag se soete slaap … op 'n dag kom die profeet weer en hy profeteer weer: Kyk, daar kom dae … (sê hy). Maar hierdie dae is anders. Hulle getuig van verandering, van 'n positiewe verandering. Hulle getuig van 'n Goddelike ingryping. In die donkerste oomblik van die volk Israel se bestaan … in die tyd van die ballingskap, toe die skaduwee van Nebukadnésar swaar oor Jerusalem gehang het, kom die woord die Here deur die profeet Jeremia en Hy praat van dae wat kom, dae met met nuwe dinge. Nuwe stede en nuwe huise ... Nuwe mense en nuwe harte. Die HERE gaan daardie bladsye in die boek van die volk se lewens ... Daardie besmette bladsye wat van hoek tot kant vol geskryf is … vol geskryf is met alles wat hulle gedoen het, en gesê het en ook dit wat hulle gedink het, maar miskien nie gedoen of gesê het nie … Die Here gaan daardie bladsye skoonvee … heeltemal skoonvee … Soiets het nog nooit in Israel se geskiedenis gebeur nie! Nou, hoe is dit dan nou moontlik? As die ou mense en die ou verbond nie gewerk het nie, hoe sal die nuwe dan werk? Hoekom sal die nuwe juis werk daar waar die oue nie gewerk het nie? God is die onveranderlike almagtige God van Sy verbond. Dit maak nie saak hoe sleg ons Sy verbond nakom nie … en daarom kan Hy sê … Daar sal dae kom dat Ek nuwe dinge skep …. En noudat ons vandag hier voor die nagmaaltafel sit, hier by die tafel van die sakrament van die nuwe verbond …, sal ons graag wil sê: Daardie nuwe verbond is vervul het waar geword op die dag toe Jesus Christus aan die kruis gehang het … Op daardie dag het God sy belofte van 'n nuwe verbond gestand gedoen … Maar, broers en susters, dan moet ons weer mooi na ons teksvers luister. Kyk, daar kom dae dae … meer as een dag … Met die beker van die nuwe verbond in ons hand sien ons daar is nog baie goeie dae, besonderse goeie dae wat aan die kom is … Bron: God skep nuwe dae Belofte Minireeks uit Jeremia 2/3 Nagmaal Jeremia 31 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Orrelis: Harry Jonkers Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Psalm 103 gemeentesang Orrelis: Mariaan Senekal position: 606
bottom of page