top of page

God se genade op genade!

Preek Handelinge 8 Heidelbergse Kategismus 25 - Woorde uit sy Woning

God is liefde. Hy verlos. Daarvoor het Hy sy eie Seun nie gespaar nie. Dit leer ons uit die prediking. Dit word op ons hart gedruk deur die prediking. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. So staan dit in Romeine 10: Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. Maar, geliefdes die Heilige Gees bly nie by woorde alleen nie. Hoe oortuigend daardie woorde mag wees ... die Heilige Gees bly nie by woorde alleen nie. Hy voeg ook die daad by die woord. Hy graveer, onuitwisbaar, ‘n seël op ons voorkoppe ... die seël van die heilige doop. Die seël van God se gewaarborgde trou ... ‘n seël wat nooit sal verslyt nie. Behalwe die doop bied Christus ons ook ‘n maaltyd aan. By die maaltyd word ons bewus van ons ontrou. Christus wil hê dat ons by die aansit by die maaltyd ‘n sondebesef moet hê. Maar terselfdertyd bemoedig die Here ons deur die maaltyd. Met die eet en drink van die brood en wyn word ons weereens verseker van Christus se trou. Al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu, al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol (Jesaja 1). Met die sakramente kom die Here ons ongeloof te hulp. Ons sien dus dat die Here ons voed en onderrig soos kinders. Die Here onderrig ons soos kinders. Saam met die mondelinge onderwys is daar ook die aanskoulike onderwys. Dis die tekens en seëls van beloftes wat waar en vas staan.. Die Here se sakramente. position: 684
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page