top of page

God sal my voltooi!
Nagmaal Belydenisaflegging Preek Filippense 1 - Woorde uit sy Woning
Drie jong lidmate staan op die punt om vandag hulle geloof te bely. Dis ‘n groot onderneming. Van al die “Ja’s” wat hulle in hul lewe nog gaan sê, is dit immers die eerste “Ja” en ook sekerlik ook die belangrikste “Ja”, want hierdie “Ja” het betrekking op ons ewigheidsbestemming. En u gemeente, ouers, familie en vriende? Hoe gaan dit met die “Ja” van die dag toe u ‘n soortgelyke belofte aan die Here gemaak het? Woordverkondiging Filippense 1, ds Gustav Opperman,. En tog ...ten spyte hiervan ... leer die geskiedenis ons ... die geskiedenis van al die “ja’s wat hier voor hierdie kansel en talle ander kansels uitgespreek is, ten spyte hiervan leer die geskiedenis ons dat hierdie “ja ” meer dikwels iets anders was. Dit was eerder: “ek weet nie ...” Dit was eerder: “ek sal nog sien ...” In baie gevalle was dit toe uiteindelik ‘n duidelike “nee”. En as dit ek was wat vandag hier moes staan, hoe sou ek weet ... of God ‘n goeie werk in my begin het .. hoe kan ek weet ... of Hy dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus? Op onsself kan ons nie vertrou nie ... op my eie oortuiginge ... op my eie gevoelens ... op my eie hart kan ek nie vertrou nie. Vroeg reeds in die Bybel, in Génesis 6 leer ons dat die versinsels wat die mens in sy hart bedink dat dit altyddeur net sleg was ... (Génesis 6:5). Hoe sal ek weet dat my belydenis “ja” nie ook maar net een van daardie versinsels van die hart was nie ? Altyddeur net sleg. Nee, as ek die sekerheid in myself soek, dan verdwaal ek keer op keer in daardie donker gangetjies van my hart. Dis God wat ‘n goeie werk in ons begin, soos Hy dit onder die Filippense begin het. Ons het dit saam gelees uit Handelinge 16 ... die onverklaarbare wyse waarop die Gees van God te werk gaan. Daar is by Hom geen hoekoms of waaroms, geen manier om Hom te hier of daar te beperk nie. Die Gees van God is soos die wind wat waai, en Hy waai waar Hy wil en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie van waar hy kom en waarheen Hy gaan nie (Joh. 3:8) So het die Here Jesus ons geleer. Teks: Fil. 1:6: ... omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus Bron: Handelinge 16:1-15, Filippense 1:1-11 God sal my geloof voleindig! Belydenisaflegging 2020 Conrad du Randt, Sarel Schutte, Mari Theunissen Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 11 22 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za el: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 271
bottom of page