top of page

God onderhou die Woordbediening

Preek 1 Konings 17 - Woorde uit sy Woning

Wonderlik, onverstaanbaar: die gang van die HERE se Woord deur hierdie wêreld. Ook hier waar Hy ons meer as ‘n eeu lank geseën het en as ons vandag oor iets bekommerd moet wees, moet dit nie wees dat ons geld te min is nie, moet dit eerder wees dat ons afgekoel het teenoor die HERE se Woord, dat ons ook al te lank op twee gedagtes hink. Woordverkondiging: 1 Konings 17, ds Gustav Opperman,. Miskien het die Isebel se manier van dink ons lankal oorrompel het ... en dat ons nie meer ‘n behoefte aan sy Woord het nie. En weet u waar sien ons dit die duidelikste in ons gereformeerde kerke? Die tweede diens kwyn ... die tweede diens word uiteindelik laat vaar en daarna ... daarna kwyn die eerste diens. Daar is nie ‘n behoefte aan Bybelstudie nie, geen behoefte aan verdieping in die Here se Woord nie. En dan moet ons nie verbaas wees as die kerkdeure uiteindelik toemaak nie en daardie eensame figure wat in die nag deur die land trek ... is hulle nie dalk die HERE se profete nie ,,, die HERE se profete op die pad na Sarfat? En as dit waar is, dat ons nie van brood sal leef nie, maar sal leef van elke Woord wat by die HERE se mond uitgaan ... dan beteken dit dat die gemeente se bekommernis nie moet wees of dat ons ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan finansies nie, maar dat ons ten gronde sal gaan, weens ‘n gebrek aan Woordbediening ... En daardie twee dinge is nie noodwendig dieselfde nie. Dit sien ons duidelik in ons Skrifgedeelte. Daar kan nog Woordbediening wees al is daar nie meer ‘n dooie sent in die kerkkas oor nie. Bron: 1 Konings 17 God onderhou die Woordbediening Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 10 28 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 117
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page