top of page

Getuig van Hom! Of swyg jy terwille van vrede!

Preek Handelinge 1 - Woorde uit sy Woning

Namate die tekens van die tye al duideliker word, weet ons dat ons nou in die laaste deel van die laaste dae is. Alhoewel die tye en die geleenthede in die hand van die hemelse Vader is, het die die Here ook sy dissipels geleer om vir hierdie tekens op te let. Dis die laaste dae wat hulle aanvang geneem het, die laaste dae wat begin het hier in Handelinge een, hier waar die Here Jesus sy apostels bemagtig het en aan hulle die opdrag gegee het om sy getuies te wees. Wanneer die Heilige Gees oor hulle kom, sal hulle krag ontvang en hulle sal sy getuies wees. So het Hy gesê. Julle sal my getuies wees. Hiermee word die program vir die wêreldgeskiedenis aangedui. God se agenda vir die afloop van alle dinge is nou duidelik. Ook vir ons amper tweeduisend jaar later, ook vir ons, die in-Afrika-geroepe-gelowiges van hierdie tyd is dit duidelik wat nou moet gebeur. Ons sal sy getuies wees. Ja, hierdie Naam wat voor nasies en konings en die kinders van Israel gedra moet word, hierdie getuie wees, sal beteken dat die gestuurdes teen die grein sal moet ingaan, want, so sê die Here ... dit sal lyding bring. Die Naam van die die Here Jesus sal nie in die binnekamer geprewel word nie. Dit sal nie geheime troetelwoord vir ’n klein groepie ingewydes wees nie. Nee, dit sal uitgedra word! Dit sal geproklameer word ... die wêreld in! Die wêreld moet weet wie Hy is! Die Christus Naam sal teenoor die nasies gestel word ... so ook teenoor die owerhede, maar ook binne volks- en familieverband. En daardeur kan daar spanning kom ... Daardeur kan daar op ’n konfrontasie afgestuur word. Daardie Naam gaan nie noodwendig vreugdevol ontvang word nie. Belangrik vir ons om te weet, broeders en susters, is dat die getroue en waaragtige Getuie, Jesus Christus, nie sy eie broeders en susters oorgesien het toe Hy sy getuienis gelewer het nie. Trouens is dit nie waar ons getuienis behoort te begin nie? Behoort ons getuienis nie te begin daar waar die Vader ons geplaas het nie? Daar by die werkplek of daar by ons eie familie voor wie ons so dikwels te skaam is om die Here se Naam te bely! En dan swyg ons ... ter wille van menseverhoudinge ... swyg ons ... en glo soos die wêreld dit wil hê ... dat ons oor ons Godsdiens moet stilbly, dat dit elkeen se privaat aangeleentheid is, dat ons liefs nie verhoudinge moet vertroebel nie. Deur ons vrees te vertroetel om nie met ons getuienis verhoudinge te versteur nie, gebeur juis dit waarvoor ons bevrees is, versteur ons juis verhoudinge ... versteur ons die belangrikste verhouding van almal: ons verhouding met die Here self! Bron: Preek :Getuig van Hom! Of swyg jy terwille van vrede! Handelinge 1 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 en Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 600
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page