top of page

Geplant in die Huis van die Here.

Preek Psalms 92 - Woorde uit sy Woning

Is die Dag van die Here vir jou spesiaal? Die Here se Rusdag is daardie spesiale dae waarin dit ons gegun is om hierdie gemeente se kandelaar brandend te hou. ’n Bron van goedheid wat gedurig vir u stroom, geliefde gemeente, deurlopend, standhoudend. Jaar in en jaar uit. Woordverkondiging uit Psalm 92, ds Gustav Opperman,. Ja, dit is genade onbeskryflik groot. ’n Bron van goedheid wat gedurig vir u stroom, geliefde gemeente, deurlopend, standhoudend. Jaar in en jaar uit. In die woorde van Psalm 23 kan ek ook sê: Dit is vir my gees ’n vreug Dit is vir my vyande ’n pyn. Dit kroon my lewe met God se welbehae en in sy huis, daar bly ek al my dae. Vandag, kyk ons na hierdie dag ... die Here se rusdag in die lig van Psalm 92. Dit is ’n lied, ’n onderwysing vir die Sabbatdag. Soos elke ander Sondagsabbat is dit goed om die HERE te loof. Ja, dis goed om tot sy eer psalms te sing. Dit is goed, o Allerhoogste, om in die môre u goedertierenheid te verkondig en om u getrouheid in die nagte te verkondig. Dis goed, want daarmee behaag ons die Allerhoogste. Dis goed, want daarmee word my siel en u siel verkwik. Dis goed dat ons op die Sondagsabbat bymekaar kom om tot eer van sy Naam te Psalmsing En geliefdes, wanneer ons op wyse plig met plesier kan verbind, wie kan ... wie kan dan daarmee slaplê? Wie sou die Heer nie dank bewys nie? En hoe sal daardie dank ooit teenoor al sy genade in my lewe kan opweeg? Hoe sal dit ooit kan opmaak vir al die goeie dade , vir al groot werke van die HERE in ons lewens? Kom ons praat ’n bietjie met mekaar oor die HERE se groot werke, want dis wat die Sabbatsgebod ons beveel om te doen ... Bron: Psalm 92 Geplant in die Huis van die Here. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 07 05 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 365
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page