top of page

Genade om op die regte tyd gehelp te word

Preek Psalms 26 Heidelbergse Kategismus 19 - Woorde uit sy Woning

Ps. 110, Heb. 4:14-5:11, Heb. 10:1-14Ons dank U dat ons Hom ken! Hk 19 Deel 1 Ons dank U dat ons sy stem herken! Ons dank U dat Hy na ons roep en dat ons Hom volg! Ons dank U dat Hy met ons is in hierdie tye waarin ons leef ... tye van onsekerheid, tye van verwarring, tye van wanhoop tye van vrees ... Ons dank U dat Hy met ons is ook in die dal van doodskaduwee! Ons dank U dat Hy besig is om vir ons 'n plek voor te berei in die Vaderhuis! Ons dank U dat Hy by ons die besef gewek het dat Hy ons Koning is en dat Hy die magte van die duiwel en die duisternis dat Hy hulle bestry het, dat Hy hulle oorwin het en dat Hy vir ons nou intree aan die Vader se regterhand. Nou weet u al: Psalm 110 loop soos ‘n goue draad deur die Nuwe-Testament. Markus sluit sy Evangelie daarmee af: Ons dink aan Rom. 8:34. Hy is uit die dood opgewek. Hy vaar op na die hemel. Hy betree die trappe van God se troon as ‘n Lam, ‘n geslagte Lam. Hy bied die mees volmaakte offer aan God ... en die hemelse Vader aanvaar dit. Nou word Hy as koning ingehuldig. Hy mag gaan sit aan God se regterhand. En dit, Broers en Susters, (so het ons in hoofstuk 4 van die Hebreër-brief gelees) dit gee ons die vrymoedigheid ... Dit gee ons sondaarmense die vrymoedigheid om na God se troon van genade te gaan met al ons nood met al ons sondeskuld met al ons smart en ellende. As Koning kan Jesus Christus nou gawes en geskenke uitdeel. Deur sy Gees stort Hy nou inderdaad sy hemelse gawes in ons uit (so het ons uit die Kategismus gelees). Nie drupsgewyse nie ... Sy hemelse gawes stroom as’t ware oor ons as sy gemeente uit. Op Pinksterdag is die sluise van die hemel oopgetrek. Op daardie dag het die hemelse Koning sy Heilige Gees oor sy kerk uitgegiet. Al voel ons dit aan ons bas hoe die duiwel soos ‘n brullende leeu rondloop. Al sien ons hoe die wêreld net al hoe boser word. Geliefdes, u sal met my saamstem, die wêreldgeskiedenis is nie 'n spruit wat rustig afvloei nie. Dit kom met vloedgolwe van geweld, chaos, en terreur. Dit kom partykeer soos ‘n tsunami op ons af. Tog is dit Jesus Christus aan die regterhand van God wat die wêreldgebeure in sy hand hou. position: 707
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page