top of page

Gelowiges word gesif
Preek Lukas 22 - Woorde uit sy Woning
Die wêreld is in 'n krisis tussen oorlog en vrede. Die mensdom val rond êrens tussen genoeg en te min. Niks is vas nie en die gelowiges, hoe snaaks dit ook al mag klink, hulle word ook in hierdie lewenstorms geskud, geskud tussen geloof en ongeloof, tussen die hoogte van hemel en die diepte van die hel. Woordverkondiging: Lukas 22, ds Gustav Opperman, Woorde uit sy Woning. Oor twee weke, as die Here wil, kom ons by hierdie paadjies afgeloop om te kom aansit aan die tafel van die nagmaal om gevoed te word en in ons geloof versterk te word … maar dit kan dalk net wees dat u in hierdie paadjies probeer afloop soos op 'n skip in 'n storm … dat jou wêreld geskommel word dat jy aan elke kerkbank moet vashou om regop te bly dat jou voete in die lug trap waar daar 'n vaste vloer moes wees … Niks is vas nie … Voel u onvas, geliefdes, voel u onseker ? Moenie sleg voel nie U verkeer in goeie geselskap Reeds daar aan die eerste nagmaalstafel sien ons hulle … die onvastes, die onsekeres. Aan die einde van hierdie nagmaal moes die dissipels nog iets leer … Net soos ons dit vandag self moet leer. Christus skenk ons nie net die vastigheid van die geloof nie … Hy skenk ons nie net die teken en die seël nie. Nee, Hy , Hy alleen behou ons ook Hy behou ons in die vastigheid van die geloof. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie … Bron: Lukas 22: 14-34, 54-62 Gelowiges word gesif Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2022 02 13 Ds Gustav Opperman is ‘n emeritis predikant, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas.. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort om die Evangelie uit te d Tik/Kliek op @Woorde uit sy Woning Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 9
bottom of page