top of page

Geen inperking vir die Woord nie! Geen grendeling!
Bybelgenootskap, Preek Filippense 1 - Woorde uit sy Woning
Mens voel dit aan: Die wêreldbevolking het nou genoeg van hierdie inperking gehad. Dis nie net dat ons nie kan reis soos ons wil nie, gaan kuier soos ons wil nie. Baie mense is uiters gefrustreerd dat hulle nie hulle werk kan doen. Ook die kerke kry swaar. Sendelinge kan nie reis soos hulle moet nie. Baie herders kan nie by die skape uitkom soos hulle moet nie. Ouderlinge kan nie huisbesoek doen nie. Almal was tot dusver ingeperk. Woordverkondiging uit Filippense 1, ds Gustav Opperman,. As daar iemand was wat inperking geken het, was dit die apostel Paulus. Hoeveel keer in die Bybel lees ons nie van sy boeie nie? Gaan! jy is my ‘n uitverkore werktuig jy is die instrument wat ek uitgekies het om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel (Handelinge 9:15). Paulus moes gaan preek. Dit was sy opdrag. Hoe kon die Here se gewillige dienskneg sy werk doen, as hy in boeie was? As daar iemand was, wat die begrip inperking goed verstaan het, dan was dit die apostel Paulus. Lockdown was in sy geval nie ‘n ongemaklikheid van verbygaande aard nie. In sy geval was dit later ‘n lewenswyse. Later, in sy brief aan Timoteus, skryf hy: Ek lei verdrukking, selfs in boeie soos ‘n misdadiger, maar die woord van God is nie gebonde nie (2 Timothéüs 2:9) Die woord van God kan nie vasgeketting word nie. Dit, broeders en susters, was die perspektief van die apostel Paulus ... dit wat hy uit sy omstandighede kon aflei. Hy het moed geskep toe hy sien dat sy prediking, dat sy getuienis nie op dowe ore val nie. Hy bly verwonderd oor die krag van die evangelie ten spyte van sy inperking, ten spyte van sy boeie. Bron: Fillippense 1:1-14 Geen inperking vir die Woord nie! Geen grendeling! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 08 16 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 354
bottom of page