
136) Gay Dominee
(Volledige erediens: 2 Petrus 2) Ds G Opperman GK Matlabas @WoordeuitsyWoning CC
Lees: Rom. 1:18-32; 2 Pet. 2:17-22
Teks: 2 Pet. 2:20 As hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
Tema: Die geloofsgemeenskap in krisis
Psalms: Ps 92:1,2,6; Ps 9:1,7; Ps 2:1,2,6
Agtergrond tot die preek: Die 17de Februarie 2019 is selferkende en openlike sodomiet in ‘n gemeente in die Kaap as predikant bevestig. Die voorsitter van die algemene moderamen, Dr Nelis Janse van Rensburg, het by die geleentheid gesê dat hulle oneindig trots op die jong man is. Daarna word die aanvaarding van hierdie praktyk deur ‘n hooggeregshof op alle NG Kerke afgedwing. En ons eie gereformeerde kerk verband? Baie kerkrade in ons eie kerkverband het nou al opgegee om uit die dryfsand van die talle, talle oortredings van die sewende gebod te probeer kom.