
Gaan weg, Satan!
Matt 16 Ds Gustav Opperman GK Innesdal @WoordeuitsyWoning
Die Satan is ook besig om vir hom ‘n huis te bou. Hy is ook besig om vir hom ‘n gemeente te versamel. En by die poorte van sy huis storm sy demone en sy magte uit en hulle bestorm die huis van God om dit te onder te ploeg. Om die gelowiges gevange te neem, om God se huis af te breek, om dit ten gronde te rig. Woordverkondiging: Mat 16, ds Gustav Opperman, GK Innesdal.
Die Here Jesus kondig sy eie dood aan ... sy dood aan die kruis. Die apostel Petrus deins hiervoor terug Sy reaksie was onder die omstandighede heeltemaal te verstane ... Hulle het die veroordeelde voor die kruisiging eers gegesel ... so met ‘n kats met stukkies been of lood aan die punte geslaan ... van kop tot tone, van voor en van agter geslaan om die vel op elke moontlike plek te skeur totdat daardie ellendige mens later net een onherkenbare bloederige stuk vleis was ... om hom dan aan die kruis vas te spyker.
Mag God dit verhoed, Here, was Petrus se reaksie op hierdie vooruitsig ... en ek vermoed dit sou ook u en my reaksie gewees het As ons al ooit ‘n gekruisigde gesien het, sou ons dieselfde gesê het ... Mag God dit verhoed, Here dit sal U nooit oorkom nie!
Bron: Mat 16
Opnamedatum: 2023 07 23
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning:
Ps 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za
Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/