top of page

FB en WhatsApp - kla jy gedurig daaarop? Dink en doen wat God vra!
Preek Filippense 4 - Woorde uit sy Woning
Dink en doen wat God vra! Filippense 2 Waaroor kla jy gedurig op FB en Whatsapp? Bron: Filippense 2:1-18, 3:17-4:9 Teks: Filippense 4:8,9. Tema: Bedink en doen, God sal met jou wees Die laaste woorde van 'n man wat die dood in die gesig staar: Dis wat vanoggend ons aandag vra. Dis woorde wat versigtig gekies is, daarom moet ons ook versigtig daarna luister … Aan die gemeente in Filippi rig hy nou ‘n brief. ’n Brief om dankie te sê dat hulle die diaken Epafroditos gestuur het om hom by staan. ’n Brief wat terselfdertyd as attestaat vir die jong dominee, Timotheus moes dien. ’n Brief om vir oulaas nog te vermaan, vir oulaas te bemoedig … en snaaks genoeg … 'n brief van blydskap. Jare vantevore het Paulus sy evangelieverkondiging in Europa in Filippi begin en toe was hy met kettings vasgemaak. Ons lees dit in Handelinge 16. Hy is hier besig om sy evangelieverkondiging in Rome af te sluit en weer is hy in kettings. Destyds in Filippi se tronk het hy die evangelie met 'n loflied verkondig. Sy brief aan die Filippense, jare later is 'n loflied van begin tot einde. Dieselfde refrein weerklink in altwee liedere: Dit sê: 'n lewe verbonde aan Christus styg bo alle terugslae uit. Verbly julle broeder en susters, ek herhaal verbly julle. Soos dit destyds die gebruik was, maak hy hier in hoofstuk 4 ‘n samevatting van die hele brief se inhoud. Dit is hierdie samevatting, hierdie laaste opdrag van die apostel aan die Filippense, aan die kerk van alle eeue, wat vandag aan die begin van hierdie nuwe jaar ons aandag vra: Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees. Wat het die Filippense geleer, gehoor, ontvang en in Paulus gesien? Op die oog af lyk die begin van hierdie teks net soos die bemoedigende boodskappies wat mense op Facebook plaas of per Whatapp met nuwe jaar vir mekaar stuur ... Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 en Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 631
bottom of page