
Ewige Kandelaar
Sagaria 4:6 Ds Gustav Opperman GK Innesdal @WoordeuitsyWoning
Deur al die eeue was die kandelaars die simbool van God se lig, maar sy heerlikheid onder die volk het nie meer gebrand nie. Dood en donker was die kandelaar. Nou was dit die simbool van ‘n volk se vernedering. Serubbabel word bemoedig deur Sagaria se naggesig. Die Kandelaar en die olie wat die kandelaar aan die gang hou, is die onderwerp van hierdie visioen. Woordverkondiging: Sagaria 4, ds Gustav Opperman GK Innesdal.
Die Joodse goewerneur Serubbabel het toe die taak gehad om die tempel te herbou. Serubbabel was uit die geslag van Dawid, maar in teenstelling met sy grootvader Dawid wat ook ‘n tempel wou bou, in teenstelling met Dawid het Serubbabel ‘n bykans onmoontlike taak gehad. Maar geliefdes, wie, wie van ons gaan die dag van kleine dinge verag? Nie terwyl God se Gees aan die werk is nie: Onophoudelik, onkeerbaar, onuitblusbaar aan die werk is nie. Wie van ons gaan die dag van kleine dinge verag, terwyl die HERE met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel?
Bron: Sagaria 4:1-14
Opnamedatum: 2023 07 16
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning:
Ps 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za
Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/