top of page

Evolusiegeloof: Skeur jy jou klere?

Preek Handelinge 14 - Woorde uit sy Woning

Evolusie is ‘n geloof wat nou al in die beste huise tuisgeraak het. Ek glo dat ons klere hieroor moet skeur, want die Naam van die Almagtige God, die eer van die almagtige God word aangetas. Woordverkondiging: Handelinge 14, ds Gustav Opperman. Dit wil voorkom asof die evolusie leer gekom het om te bly. Hierdie evolusie geloof is orals. Elke tweede TV program verkondig iets daarvan ... Ek lees dit vir die waarheid in Die Huisgenoot en ek het dit ookal in Die Gereformeerde kerk se Kerkblad gelees dat die aarde miljoene jare oud is. En ons kinders leer dit op skool! Die kerk self, selfs ons teologiese professore raak al hoe meer daaroor verleë ... Al hoe meer mense begin daaraan te glo. Te veel wetenskaplikes is besig om dit verkondig. Waar sal ons begin met die heidene om ons, geliefdes? Ons wat die evangelie moet verkondig Waar sal ons begin ? Ons kan nie by die Ou Testament begin soos Paulus in die Sinagoges gemaak het nie. Met hierdie blanke getatoeëerde heidendom kan ‘n mens vandag skaars na die Bybel verwys want hulle weet niks van die Bybel nie! Hulle kan jou meer van prins Andrew en Harry vertel as wat hulle jou van Abraham en Moses kan vertel ... Vir hulle is die enigste verskil tussen Nataniel en Liewe Jesus dat die een se gesig in die Huisgenoot is en die ander ‘n prentjie in die Kinderbybel. Waar sal ons begin met die heidene om ons, geliefdes Ons wat die evangelie moet verkondig waar sal ons begin ? Waar sal ons begin met hierdie geslag rondom ons hierdie soekers na hemel op aarde ? met hulle Idols, hulle afgodjies, ... met hulle Madonnas en Madibas en Meghans ... met hulle sterstatus mense ... met hulle superheroes waarvan ons alles geleer word. Ons weet nou al wat hulle eet e n wat hulle aantrek en wat hulle uittrek en waar hulle swem en waar hulle loop en waar hulle koop ...? Ons moet begin waar Paulus begin. Ons verkondig aan hulle die lewende God ... die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het. Die ware God, die God wat net gepraat het ... wat net ‘n woord gesê het en dit was ... Bron: Handelinge 14:1-21 Evolusiegeloof: Skeur jy jou klere? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 11 14 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 31
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page