top of page

Empaaier se greep Kry u teenstand as u God gehoorsaam?
Preek Exodus 12 - Woorde uit sy Woning
En baie keer wanneer mense die Here se Woord hoor en begin om gehoorsaam daaraan te leef, dan kry hulle teestand. Dan kry hulle probleme! Antwoord asb ons vraelys aan die einde van die video. Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die twintigste video in die Eksodus Bybelstudiereeks. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Empaaier se greep Kry u teestand as God gehoorsaam? Verlos om te dien#20 Eks 13 17 2018 09 25 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 546
bottom of page