top of page

Doring in die vlees: Satan of God?

Preek 2 Korinthiërs 12 - Woorde uit sy Woning

Doring in die vlees: Doring van God? Of doring van Satan? Enige konstante liggaamlike belemmering, die konstante hoofpyn, die knaende rugpyn die kloppende beenpyn … Dis ‘n doring in die vlees … Paulus was al weggeruk tot in die derde hemel … in sy liggaam of buite sy liggaam, sou hy nie kon sê nie. Hy was weggeruk tot in die derde hemel … Die wolkehemel was die eerste hemel. Die hemelruim met die planete en die sterre was die tweede hemel maar daar agter … op die verste punt … daar is die derde hemel ... Daar is die paradys … Daar is God self … Hoe kon dit moontlik wees, kan ‘n mens vra? Paulus in die hemel, in die paradys? Paulus by God self …? En dan: ‘n Doring in die vlees! Een van die dorings wat die vervloekte aarde voortgebring het ‘n doring in die vlees as aandenking van sy verblyf in die paradys ... Na die onbeskryflike heerlikheid, kry Paulus ‘n doring, ‘n doring om hom te pynig ... dag en nag te pynig ... todat hy op sy knieë gedwing word ... en op sy knieë sou bly ... Here, neem dit weg! Neem dit tog weg, asseblief ... Bron: Doring in die vlees: Satan of God? 2 Korinthiërs 12 (2017 03 26) is 101 jaar oud. Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 en Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 592
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page