top of page

Die werklike Taalstryd: Praat die taal van Kanaan!

Preek Jesaja 19 - Woorde uit sy Woning

Dis nie baie moeilik om te sien dat ons mense vandag weer in ‘n taalstryd is nie. Op universiteitsvlak is dit klaar verloor. Nou is dit die skole. Dit was selfs ‘n kwessie by die kerke se afgelope sinodevergadering. En die emosies loop hoog. Myne ook. Ek het groot geword in ‘n dubbel medium skool waar ek ‘n “hairy back” en ‘n “rock spider” genoem was of andersins “Afrikana vrot banana”. Alles in ‘n poging om my afkoms en my moedertaal te verneder. Dit is dus goed dat ons dus vandag kyk na wat die Bybel ons leer oor taal ... Nie met dit nie, maar wat die Bybel ons leer oor taal en die verspreiding van die Evangelie. Ja, die verspreiding van die Verlossingsboodskap. Dis mos die hoofdoel van enige taal ... nie waar nie? So u sien, broeders en susters, die werklike taalstryd lê op ‘n ander vlak ... Die stryd is nie tussen volke en gemeenskappe nie, maar binne in volke en gemeenskappe, binne in die harte van u en ek, op die tong van elke mond. En wanneer Heilige Gees deur die Evangelie die volke en nasies bereik en mense raak genees, dan begin hulle ‘n ander taal praat: die taal van Kanaän. Die deur die professie van Sefanja stel die HERE dit so: Ek sal aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die Here sal aanroep (Sef 3:8-9). Moenie jou moedertaal minag nie! Moenie die taal waarin jy eerste die woordeskat van Kanaän geleer het, verkrag nie. Gebruik dit en spel dit reg. Maar moenie die taal waarmee jy die eerste keer die Bybel gelees het, besoedel nie ... Moenie dit met allerhande gemaklike Amerikaanse uitdrukkings besoedel nie, want jy en jou kinders sal later nie meer daardie Bybel verstaan nie. Die taal van Kanaän sal dan vreemd op jou en hulle ore val. In die oë van die wêreld mag jy dalk cool en amazing wees, maar jy is nie besig met die taal van Kanaän nie. position: 697
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page