top of page

Die wêreldstad is oorwin!

Preek Nahum 1 - Woorde uit sy Woning

Vandag hoef jy nie 'n siener te wees om te weet dat die nie goed gaan met die kerk nie. Oral hoor jy die refrein: Dalende lidmaatgetalle. Dalende kindergetalle. Dalende bydraes. Alles natuurlik vererger deur die Covid-gedoente wat die wêreld op hol jaag. Dit is asof die volk van God magteloos in die greep van die wêreldmag lê. In die Bybel word daardie mag as 'n stad voorgestel. Die Here sê: Vier jou feesdae! Betaal jou geloftes! Woordverkondiging: Nahum 1, ds Gustav Opperman,. Ook in die breër gemeenskap is die tekens ontmoedigend. Die kerklike getuie word geïgnoreer, of belaglik gemaak. Die grondliggende waarhede van ons geloof .... dit word as publieke teikens opgestel .... Dit word as teikens opgestel vir 'n skyfskietkompetisie in die media. Dit is asof die volk van God magteloos in die greep van die wêreldmag lê. In die Bybel word daardie mag as 'n stad voorgestel … by tye is dit Nineve, dan weer Babel, Tirus of Rome. Sy is die hoerstad van die boek Openbaring. Die hoerstad is opgestel teenoor die bruidstad. Die bruidstad is Jerusalem … stad van Dawid … 'n wonderlike stad … glinsterend in die son se vlamme. Dis die stad waarheen die volk van God optrek om hulle offers te bring … 'n stad van lofgesange … 'n toonbeeld van Godgehoorsame kultuur en kuns ... die bly- en werkplek en die toekoms van die heiliges eendag ... eendag wanneer die Nuwe Jerusalem uit die hemel neerdaal. “Dink julle regtig hierdie HERE wat julle aanbid is in staat om julle te help?” “Dien julle werklik 'n God wat teen die koning van Nineve kan standhou!” Herken u hierdie stad, Geliefdes? Van haar susterstad lees ons in die boek Openbaring: Babilon … stad van godslastering, stad van weelde en handelsware, van towery en kunste. Is dit nie die gesig van die wêreldstad …. van ons tyd nie? Dis die stad wat met haar media God se Naam in elke opsig belaster, die stad wat met betowering en skouspel op die sportveld en op die flikkerskerm sorg dat die kerke leeg word en leeg bly ... sorg dat die vader se stem by die huisgodsdiens stil word … sorg dat sy die eerste aanspraak op die jongmense het. Bron: Nahum 1 Die wêreldstad is oorwin! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 11 01 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 304
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page