top of page

Die verlange van 'n vrou

1 Samuel 1 Ds Gustav Opperman Gereformeerde Gemeente Diamantvallei

Sy het nie kinders gehad nie. Daarom was sy rusteloos. Gaan dit hier net hier oor ‘n vrou wat graag haar eie baba in haar arms wil vashou? 'n Vrou wat graag haar man se liefde en guns wil behou? Hanna wat graag haar mededingster se mond wou stilkry? Of is daar veel meer op die spel? Woordverkondiging: 1 Sam 1, ds Gustav Opperman, Gereformeerde Gemeente Diamantvallei.


 Hoekom kinders hê? Hoekom enigsins kinders in hierdie toekomslose land inbring? Hoekom nog meer kinders in hierdie wêreld inbring ... om hierdie toekomslose oorbevolkte planeet nog meer te besoedel?  Nou goed,  hoor ek iemand sê, een of twee is mos genoeg ... maar daar moet dit stop ... Ook ter wille van hulle toekoms moet dit daar stop  Hoekom nog meer kinders hê?  


Een eenvoudige rede, geliefdes. Sonder kinders  sonder dat God se kindergetal voltallig is, is daar geen toekoms nie.  Die HERE is en sy gunsgenote is op pad na die ewigheid en as u een van sy getroue dienaars of dienaresse is, dan sal u deel van daardie stoet, daardie prosessie wil wees.  Die HERE het ons immers vir Homself geskape en ons harte sal rusteloos wees totdat dit rus in Hom gevind het. Dit was die woorde van Augustinus,  een van die vroeë kerkvaders.   


Die ware gelowige is op pad na die ewige saligheid en daardie hart sal nie rus tot ons by God is nie daardie hart sal nooit rus vind  totdat die geskiedenis sy voleinding bereik het nie.  


Bron: 1 Samuel 1 

Opnamedatum: 2022 08 07  


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  

Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers  


Outro 2022 Music: 

Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  With thanks and appreciation:  

Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page