top of page

Die Vergete Waterkan

Nagmaal Preek Johannes 4 - Woorde uit sy Woning

Nou moet u net om u kyk, geliefde uitverkore volk. Die lande lê wit vir die oes. U het daardie roeping. Ons voorouers het aan hierdie land se kus geland met daardie roeping daardie roeping is aan ons voorhoofde verseël toe ons hier gedoop is. Ons het die gereformeerde leer. ‘n leer sonder gelyke in die hele Christelike wêreld. Nabetragting: Johannes 4 Ds Gustav Opperman. Ons vergeet dikwels in wie se diens ons is, huisgenote in die huis van God, kinders versoen met hulle hemelse Vader. Dis vanoggend weer aan ons bevestig. Laat ons dus nie moed opgee nie. Al kom daar net een by die bron van lewende water uit ... al is dit net een. U sien ons Here Jesus maak tyd vir die een. U sien hom moeg langs die put, maar ook Hy maak tyd vir die een ... een verlore sondares een verlore sondares. met die hande vol eelte van al die kandra, self ook moeg ... lewensmoeg gestap agter dit wat nie kan versadig nie, dit wat nie kan verkwik nie. En is dit nie merkwaardig nie, broeders en susters wanneer sy die Woord hoor en die Woord sien ... is dit nie merkwaardig hoe sy ook vir daardie oomblik die lewensnoodsaaklike water vergeet, hoe sy haar waterkan by die put laat staan, hoe sy self ‘n getuie word van Hom ... Hom wat regtig noodsaaklik vir die lewe is ... die Saligmaker van die wêreld . Die een wat self uit die duisternis geroep is, word nou self ‘n roepende stem onder haar volksgenote: Kom kyk, ‘n man ... Is Hy nie miskien die Christus nie. Die een wat verlore was ... word nou self een wat ander gaan soek ... een wat ander gaan soek ... en hulle nader bring ... om self te hoor ... en self te ervaar ... die wonderlike genade wat daar in ons Here Jesus Christus is ... Bron: Johannes 4 Die Vergete Waterkan Nabetragtingsdiens Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 11 28 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers GK Matlabas Gemeentesang: Psalm 84:3,4 & Psalm 66:2 position: 48
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page