top of page

Die Vader in die hemel is ons vader hier by ons

Preek Handelinge 17 Heidelbergse Kategismus 46 - Woorde uit sy Woning

Prk HK Sondag 46 Lees Handelinge 17:15-34 Teks: Handelinge 17:26,27 “Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie.” Heidelbergse Kategismus Vraag 120: Waarom het Christus ons beveel om God as ons Vader aan te spreek? Antwoord: Sodat Hy heel aan die begin van ons gebed in ons die kinderlike vrees en vertroue op God sal wek. Dit moet die grond van ons gebed wees, naamlik dat God deur Christus ons Vader geword het en dat Hy ons veel minder dit wat ons van Hom in die geloof bid, sal weier as wat ons vaders aardse dinge ons ontsê. Vraag 121: Waarom word hier bygevoeg: “wat in die hemel is”? Antwoord: Sodat ons van die hemelse majesteit van God nie aards moet dink nie en van sy almag alles verwag wat ons vir liggaam en siel nodig het. Tema: Die aanwesige Vader Psalms:104:1,8,9,20, 68:3, 33:7,10, 36:2,3 Broeders en Susters, kinders van Onse Vader, Ons behandel vanaand die aanhef tot seker die mees bekende gebed in die Westerse wêreld ... Dis ‘n wêreld wat nogtans al hoe minder van ‘n hemelse Vader wil weet. al hoe minder van die patriargale wil weet al hoe meer aandring op die erkenning van die vroulike god. God, die Vader wil hê dat die mensdom Hom sal aanroep as Onse Vader. Ons sien dit nog duideliker in die boek Openbaring. In Openbaring vier lees ons die ganse skepping, die 24 ouderlinge, dis die kerk in besonder val voor God die Vader neer en aanbid Hom. Hulle bid tot God: U is waardig om te ontvang: die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape! (Openbaring 4:10,11) Ek dink hier aan daardie pragtige inleiding tot die Johannes-evangelie: Niemand het ooit God gesien nie, die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het [Hom] verklaar (Johannes 1:18) Almal wat die Seun aangeneem het ... aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo … (Johannes 1:12) God die Vader, die Skepper van hemel en aarde is so ver van ons as wat die belydenis van sy Seun se Naam van ons lippe is. Dis so maklik soos dit ... position: 743
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page