top of page

Die Nagmaal verkondig verlossing

Nagmaal Preek Psalms 116 - Woorde uit sy Woning

Ter wille van die wêreld daar buite in sondenood vier ons die heilige nagmaal. Bloot die feit dat ons die nagmaal vier, sê iets vir hierdie wêreld: “Elke maal as ons nagmaal vier, dan verkondig ons Christus se werk, totdat Hy kom. Die nagmaal is ‘n verkondigingsgeleentheid aan die wêreld. Daarmee sê ons vir die mensdom: So lyk die verlossing wat julle soek. Hier is die Verlosser wat julle soek. Maar ons vier ook die nagmaal ter wille van onsself as gelowiges onsself as gelowiges, ons gelowiges wat ook in sondenood verkeer. Nagmaal Nov 2020,. Op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning, is vir 'n afdeling met verskeie video's spesifiek oor Voorbereiding, Nagmaal en Nabetragting. Die mens is gemaak om diensbaar te wees. Hy of sy sal die Here dien ... of hy of sy sal of ‘n slaaf van die Duiwel wees. Daar’s nie ‘n middeweg nie Daar’s geen neutrale grond nie. Daar sal diens wees. Die vraag is net: Wie? Wie sal gedien word? Die diens aan die Here is soos die diens van ‘n koning. Die koning het vryheid in sy diens Die koning het eie verantwoordelikheid in sy diens die koning wandel in die aandwind met die HERE, in die tuin van God se skepping. Die koning wat die Here dien, staan onder die grondwet van die liefde. Die slaaf van die duiwel staan onder die juk van haat. Die een lewe tot in ewigheid Die ander sterwe tot in ewigheid. Psalm 116 is ‘n lied wat dankie sê: Dankie Here, dat U my oorgebring het ... uit die land van die doderyk na die land van die lewendes. Dankie Here U het my bande losgemaak. In ‘n wêreld wat smag na goeie nuus, is dit die goeie nuus. In ‘n wêreld sonder hoop is dit die hoop. Bande van die dood het ons omring, en angste van die doderyk het ons getref, ek het benoudheid en kommer gevind. Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep en Hy het ons bande losgemaak Ons nagmaalsformulier erken dit ook. Ons nagmaalsformulier erken dat ons van “nature deur die sonde dood is”. Die wêreld waarin ons leef probeer dit ontken. Die wêreld sal dit trouens vir ons wegsteek. Die wêreld hou aan ons die mallemeule voor, ‘n pretpark sonder einde. Dis net plesier op die skoppelmaai. Jy kan van hierdie een afklim en dadelik weer op die rondomtalie begin ry. Afleiding sonder einde Sport en sports sonder einde. Maar dit sal nie help nie. Die gevolge van die sonde is daar en oral waar jy kyk het die sonde sy merk gelaat, en oral waar jy vlug , daar haal die sonde jou uiteindelik in. Ook daar in jou pretpark lewe ... daar haal die sonde jou uiteindelik in. Almal wantrou almal. Ek het in my angs gesê: alle mense is leuenaars, So het ons in Psalm 116 gelees. Hier binne in jou ontwikkel jy ‘n bestaansangs. Die angste van die doderyk ... benoudheid en kommer. Alles word vir jou sinloos. Daarom kry jy die soekende mens. Hy soek verlossing uit hierdie sondenood. En ook hier word hy of sy telkens weer bedrieg met valse hoop verlei, met valse godsdiens belieg, met valse ideologieë geïndoktrineer. So is die mens uiteindelik soos ‘n knoop aan 'n woer-woer, ‘n knoop aan die Duiwel se woer-woer. Dan word jy die kant toe opgewen dan word jy weer daardie kant toe opgewen wen die Duiwel hom op die kant toe dan daardie kant toe ... Hy weet nie meer of hy kom of gaan nie. Broerders en susters, Dis ter wille van hierdie mense en ter wille van onsself dat ons die nagmaal vier. Bron: Psalm 116 Nagmaal en Nabetragting Nov 2020 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning. 2020 11 29 Ons gemeente is 102 jaar oud. Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 267
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page