top of page

Die kloppende Christus

Preek Openbaring 3 - Woorde uit sy Woning

Die Here het nie 'n behae in die dood van die sondaar nie, maar dat hy homself sal bekeer. Daar is nog genadetyd. Daar staan 'n Verkoopsman by die gemeente se deur en Hy klop. Ons Skrifgedeelte identifiseer Hom as die getroue en waaragtige Getuie. Hy is die begin van die skepping van God. Hy is die Amen. Hy spreek die eerste en die laaste woord. Woordverkondiging 21 Jun 2020 uit Openbaring 3, ds Gustav Opperman,. Hy ken sy kliënte. Hy ken hulle deur en deur. Hy ken hulle werke. Hy weet dat die gemeente nie koud is en Hy weet dat hulle ook nie warm is nie. Hulle is lou. Nie heeltemal heidens nie, nie heeltemal onverskillig nie, maar darem ook nie oorywerig nie. Nie heeltemal afwesig by die eredienste nie, maar darem ook nou nie elke Sondag in die kerk nie. Nie skaam om die Apostoliese Belydenis Sondae na te sê nie, maar in die week moet 'n mens darem nie met jou hart op jou mou loop of jou geloof in ander mense se kele afdruk nie. Ons het ook nie nodig (so redeneer hulle) om ons ons omgang met die Bybel na die res van die week uit te brei nie, ons kry genoeg daarvan op 'n Sondag. Die Here Jesus sê: As die Laodicense se harte liefs koud was, selfs so koud soos ys, dan was daar nog hoop. Ys kan smelt. Sulke mense kan tot bekering kom. Aan die ander kant as hulle warm was, kookwater warm was, kon hulle 'n wêreld met hulle brandende liefde aan die brand steek. Die Verkoopman in ons Skrifgedeelte sê: “Ek raai julle aan om by My te koop”. Wat verwag die Here Jesus van die Laodicense? Hy verwag eerstens dat hulle sy klop sal hoor. Christus klop in die prediking van sy Woord, Hy klop deur my gewete wat met my praat, Hy klop deur die vermanings van ander. Christus klop deur die leed wat ons tref, deur die smart wat deur ons hart sny, deur die bekommernisse wat ons so plat kan druk. Christus klop aan die deur van hierdie land deur die oordele wat ons tref, deur die reën wat wegbly, deur die wetteloosheid en geweld. Maar, broeders en susters, Hy klop nie net nie, Hy sê ook dat dit Hy is wat klop: as iemand my stem hoor. U weet die wêreld is vol stemme. die stemme van duiwels, die wêreld se stemme, vriende se stemme, die stem van my eie bose hart. Maar sodat die mens nie kan sê dat hy nie die Here se stem gehoor het nie, klink sy eie stem hard en duidelik tussen al die anders stemme op. “Dis Ek wat klop\ sê Hy. Hoor u sy stem? Bron: Openbaring 3 Die Kloppende Christus Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2018 01 28 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 390
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page