top of page

Die Here staan my by!
Preek 2 Timothéüs 4 - Woorde uit sy Woning
Verbittering is ‘n verskriklike ding. Dis iets wat oor ‘n tyd lank groei. Dit verkalk die are en dit verkors die hard. Dis die kanker van die siel. 'n Wortel van bitterheid ontstaan tussen kerkmense en dit groei soos ‘n kanker. Dit verwek ‘n permanente onrus en baie word hierdeur besoedel. Woordverkondiging: 2 Timothéüs 4, ds Gustav Opperman. Jou medemens kan jou darem maar lelik in die steek laat ... Van die mense, wat jou die meeste kan teleurstel hulle sit vandag hier saam met u in die kerkbanke ... miskien selfs reg langs u of hier in die ouderling bank ... of, ja, selfs hier op die preekstoel ... die onbetroubares ... die mense wat nie klaarmaak wat hulle begin het nie ... die rugstekers ... die papbroeke ... Wat om met hulle te doen? Moet ons hulle maar nog ‘n kans gee? Dit waag om weereens ‘n bloutjie te loop? Of moet ons sê: “Staan opsy! Ek sal maar self sien kom klaar!” Bron: 2 Timotheus 4 Die Here staan my by! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2018 10 21 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 186
bottom of page