top of page

Die Here sorg vir sy vissers!

Preek Johannes 21 - Woorde uit sy Woning

En dan werk ons en dan bid ons. Dan bid ons in die nag vir die onsterflike siele van ons mede-mense. Dan doen ons huisbesoek en ons preek! Ons preek met dodelike erns tydig en ontydig ... maar in daardie nag sal ons dalk niks vang nie. Wat sal ons doen, medevissers? Wat sal ons doen broeders ouderlinge? Wat sal ons doen, julle, wat in die nag saam met my bid? Dan neem ons die leë nette, dan neem ons die leë kerkbanke na die Here. Laat ons maar ons swakheid herken. Ons het niks gevang nie! Want Hy en Hy alleen kan die situasie verander. Maar tel elke vis wat Hy jou gee! Woordverkondiging, Johannes 21, ds Gustav Opperman. En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en ... en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie. Nou is dit asof die oggendmis begin lig asof die lig deur die gleuwe in die horison gebreek het ... Daardie figuur op die oewer ... wie kan dit wees? Is dit dalk Hy ... Is dit dalk Hy wat beveel en dit geskied? Is dit dalk Hy wat sy seën oor ons gebied? “Die os en skaap en wat in wildheid lewe, die voëls wat deur hoë lugte swewe, al die visse wat deurkruis die paaie van die see - tesaam het U dit in sy mag gegee”. Is dit dalk Hy ... Hy staan daar in sy opstandingsliggaam ... dieselfde ... en tog anders ... In ‘n ander gedaante, (so lees ons in die evangelie volgens Markus). anders ... verheerlik ... Vreemd vir die menslike oog Slegs herkenbaar deur die geloof ... Bron: Johannes 21:1-14 Teks: Johannes 21:7a Daarop sê die dissipel ... die een vir wie Jesus liefgehad het ...aan Petrus: Dit is die Here! Die Here sorg vir sy vissers Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2021 04 04 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 198
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page