top of page

Die HERE heilig sy Naam deur die doop

Preek Eségiël 36 Heidelbergse Kategismus 26 - Woorde uit sy Woning

Onreinheid in watter vorm ook al is nie aanvaarbaar voor God nie. Dis die werklikheid van sy heiligheid. Geen verhouding met God is moontlik sonder om sy absolute heiligheid in ag te neem nie. Die HERE bly nie in 'n vuil huis nie. Alhoewel die taal van Sondag 26 van ons kategismus steeds eg persoonlik is, het die heilige doop in sigself wêreldwye implikasies. Wanneer die HERE sy volk hier in Esegiël 36 belowe: “Ek sal skoon water op julle giet, ek sal julle verlos van al jul onreinhede”“... dan weergalm daardie woorde deur die res van die mensdom. Net so, wanneer ons hier in Esegiël 36 lees hoe die HERE belowe: “Ek sal my Gees in jul binneste gee\ dan moet ons onmiddellik aan die pinkstergebeure dink. So ongelooflik wonderlik en groot was hierdie gebeure dat God 'n permanente gedenkteken daarvoor laat oprig het: die sakrament van die heilige Doop, die uitwendige waterbad waarvan ons belydenis praat. Die Here reinig sy volk. Die Here reinig diegene uit die res van die mensdom, wat uiteindelik ook deel van sy volk sal wees. Daarom het al die wassinge in die Ou Testament, daarom het die profesieë van Esegiël en Sagaria, maar net heen gewys na die mees radikale reiniging van hierdie wêreld ... daar aan die kruis op Golgotha met die storting van die Christus se bloed. position: 768
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page