
Die Heilige in ons midde
Hosea 11 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Menslik gesproke kan ons nie anders nie. Ons moet erken: Die gordyn is besig om oor die gereformeerde kerke in Suid-Afrika te sak. Dis amptelik. Die statistieke sê dit. Dis 'n kwessie van tyd, dan maak ons die deure toe. Woordverkondiging: Hosea 11 ds Gustav Opperman, GK Colesberge
Daar's 'n gebrek aan belangstelling in die kinderseën, dus ontvang ons nie die seën van kinders nie. Daar's 'n gebrek aan belangstelling in die sending en evangelisasie, so daar is ook nie veel uitbreiding na die kant toe nie. Daar's 'n gebrek aan ywer vir Christelike onderwys. Daarom is daar afval … grootskaalse afval. Van elke 4 kinders wat elke jaar belydenis van geloof aflê sal daar oor waarskynlik oor 5 jaar minder as die helfte nog in die kerk wees. En dit geld nie net vir ons kerkverband nie. Dit geld vir al die kerke van gereformeerde belydenis in die land. Dis die feite van die saak. Harde feite.
Bron: Hosea 11
Opnamedatum: 2024 04 07
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/