top of page

Die God wat daar is. Hy sien alles en weet alles.

Preek Psalms 139 Heidelbergse Kategismus 19 - Woorde uit sy Woning

Maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met Wie ons te doen het. Vir die Heilige Gees kan absoluut niks weggesteek word nie. Ons staan kaalgestroop voor Hom. Daar's geen wegkruipplek nie. Nie na binne nie. Nie in die donker dieptes van my hart nie. Nie na binne nie, maar ook nie na buite nie. In 1 Korinthiërs 12(3) skryf die apostel Paulus: Niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. Dis net die Heilige Gees wat dit vir iemand moontlik maak om te sê: Jesus is die Messias, die Christus. As ons die HERE se opdrag uitvoer ... as ons sy opdrag uitvoer om die evangelie uit te dra, dan sal ons teenstand en vervolging ervaar. Jy het begin om die Here Jesus te redding aan ander te vertel en die wêreld hou nie daarvan nie. Jou familie hou nie daarvan nie. Die medeleerlinge in die skool hou nie daarvan nie. Die mense by die werk hou nie daarvan nie. Jou vriende sal minder word. Jy het begin om jouself te heilig ... te heilig wat jou voorkoms betref, wat jou taalgebruik betref ... Jy hou geen gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar jy bestraf dit eerder en jy begin teenstand ervaar. Jy hou aan om die radikale verlossing van Jesus te verkondig en jy sal vyandskap begin beleef. Daarom die verwysing na die vyande in beide die Belydenis en die Psalm. Daarom het die ware gelowige die troos van die Psalms nodig. Daarom het ons die troos van die Kategismus nodig. Daarom het ons die Trooster van Sondag 19 nodig ... die Een wat ook aan my gegee is om my by Christus se koninkryk in te lyf, die Een wat ewig by my bly. Daarom het ons die Trooster van Psalm 139 nodig, die Heilige Gees, wat self God is. Bron: Psalm 139 Heidelbergse Kategismus Sondag 20 Vraag 53 Troosreeks uit die Psalms: Bely uit die Psalms #28 Die God wat daar is Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2017 09 24 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 525

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page