
Die Drie-enige God aan die werk
Luk 22 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Ons volg die Here Jesus verder op sy lydensweg dieper die nag in. Al hoe dieper word Hy omsluit, al hoe vaster word Hy geboei, al hoe duideliker word Hy beledig, Hy word geheel-en-al verlaat. Onbeskroomd word Hy deur die voorste van die disspels verloën. Ons volg Hom, nie omdat ons, die Man van Smarte wil bejammer nie, maar sodat ons kan sienwat die drie-enige-God gedoen het en nog steeds doen, vandag nog doen om sondaarmense soos u en ek te red. Ja geliefdes, Petrus en ons kan en is wel ontrou aan die Here, dikwels verloën ons Hom, daagliks wil ek sê ... Maar Laat ons ons nie verder by Petrus en sy uiterste verleentheid bepaal nie, Laat ons ons ook nie meerderwaardig teenoor hom hou nie ... Kom ons rig eerder ons blik na die Man van Nasaret ... Simon Petrus sou uiteindelik weer by Hom uitkom ... en so moet ons ook maar telkens weer by Hom uitkom. Jesus heeltemal verlaat en verstote moes vir Petrus trek ... met die volle krag van sy liefde Petrus wat sopas die grootste moontlike afstand tussen homself en sy Here geplaas het ... Volgens die reëls wat by mense geld kan sy standvastigheid nie verklaar word nie ... Menslikheidsgewys kan ons ook nie sy liefde verklaar nie ... As ons die Man van Smarte se optrede reg wil verstaan, dan moet ons die verklaring by die Drie-enige God self soek ...
Bron: Luk 22:54-62
Teks: 22:60b-62 En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai. En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
Tema: Die Drie-enige God altyd aan die werk vir ons verlossing
Psalms: 118:12,14; 107:1,3; 33:5,6; 18:1,14.
Opnamedatum: 2023 11 12
Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/