top of page

Die anker van die siel. Het jy dit of dryf jy rond?

Preek Psalms 119 - Woorde uit sy Woning

Ons vastigheid in hierdie wêreld, hier waar satan besig is om ons in 'n sif te skud, hier kom ons by ons Rots, die Anker in die stormsee van menslike emosies, die Anker van die siel. Woordverkondiging uit Psalm 119, ds Gustav Opperman,. In die aanloop tot die Hippie era in die vroeë 1960 jare het ʼn sanger met die naam van Bob Dylan die volgende vir sy luisteraars gevra: How does it feel? To be on your own With no direction home A complete unknown Like a rolling stone? Alles in daardie jare, was vir hom rigtingloos, koersloos, Daar was geen vastigheid nie. Alles was fladderend in die wind. Alles is “blowing in the wind soos hy elders gesing het. Vandag is dit egter presies dieselfde ... net erger, baie erger. Die fondasies is behoorlik omgekeer soos Psalm 11 sê. Die mensdom is ellendig met ander woorde hulle is uitlandig, (soos die woord letterlik beteken). Hulle verkeer in ‘n geestelike ballingskap, with no direction home. Elkeen op sy eie, koersloos, sonder anker, vasgevang in die warrelwinde van verandering voortgesleep in die strome van chaos, elkeen net nog ‘n rollende klip in die rotsstortings van ons tyd. Bron: Psalm 119 Die anker van die siel Grendelpreek Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 09 20 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 338
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page