
Dat ons een mag wees!
Johannes 17 Ds Gustav Opperman GK Outjo Nagmaalreeks 16b @WoordeuitsyWoning
So lui die gebedswoorde van die Here Jesus in die Johannes-evangelie: dat almal een mag wees! 'n Eenheid sonder die verbinding met die Christus-wynstok beteken niks. 'n Eenheid buite die belydenis is 'n valse eenheid. 'n Belydenis wat sê: gooi weg alle dogma! 'n Belydenis wat sê: ons wil geen belydenis hê nie ... 'n Dogma wat sê: geen dogma ... Dis 'n valse belydenis … Dis 'n valse dogma! Joh 17: 20-23 Ds Gustav Opperman Nagmaal, GK Outjo.
Daarom mag ons nagmaal nooit in 'n politieke demonstrasie ontaard nie … dat ons almal wat leef en beef sal nooi om so 'n menslike eenheid te demonstreer. Buite die belydenis is daar geen eenheid nie. Daarom bid die Seun tot Vader: die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en hulle het waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het. Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie … (17:8,9) Geen eenheid buite die belydenis nie … Daarom, Broeders en Susters, het ons die Drie Formuliere van Eenheid. Daarmee sê ons vir die wêreld: so lyk die geloof wat ons saambind …
Bron: Johannes 17
Opnamedatum: 2023 05 21
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/