top of page

Daar kom dae! God se plan, dag vir dag.

Preek Jeremia 30 - Woorde uit sy Woning

Die versugting is daar: As ons maar net weer kan terugkeer na “die goeie ou dae”. Maar ook ons wil ook graag die horlosie terugdraai, nie waar nie? Terugdraai na 'n tyd toe drankwinkels en strande sonder probleme oop was. Terugdraai na 'n tyd toe die kerkwerf vol ossewaens of motors gestaan het en ons op Sondae soos een groot familie mekaar omhels het. Miskien het ons ook aan die einde van die oujaar gesing: Sal ons ons ou vriende ooit vergeet in die goeie ou tyd? Dis natuurlike nie Bybelse taal nie. Die Bybel skryf nie van 'n goeie ou tyd nie. Die Bybel is eerder vol van 'n goeie nuwe tyd! Woordverkondiging, Jeremia 30, ds Gustav Opperman. Ons moenie hierdie dae waarin ons tans is, miskyk of minag nie. Die HERE het hierdie dae bepaal en ons moet mooi luister wat Hy vir ons sê, mooi verstaan wat Hy ons laat ervaar ... Hy praat met ons in hierdie dae ... Daar kom dae ... Ddie dae beweeg vorentoe. Die rivier van God se geskiedenis beweeg seewaarts, stroomversnellings en al ... Een rigting. Die lawa in al die vulkane wat weer die afgelope tyd dwarsoor die aarde uitbars ... daardie lawa moet uit ... Dit kan nie terug nie. Die wêreld wat in barendsnood is, moet geboorte gee ... Die proses kan nie omgedraai word nie. God se uurglas kan nie omgedop word nie. Daar kom dae ... die dae kom en dit kan nie verhoed word nie. Ons het dit vanoggend ook weer bely: “Ons Here Jesus sit in die hemel aan regterhand van God van waar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel”. Hy sal kom. Lees ons die boek Openbaring, dan leer ons meer van dit wat ons Here, die geslagte Lam, daar aan regterhand van die almagtige Vader doen ... Hy is besig om die sewe seëls van God se raadsplan oop te maak ... God se plan vir die wêreld en vir verbondsvolk is in sy hand en dit is besig om te ontvou. Die Heer se raad word nooit gekeer nie, dit sal bestaan in ewigheid teen sy besluit is geen verweer nie, bestendig duur dit vir altyd. Hoe weet ons dit? Wel ons leer dit uit die Bybel se geskiedenis. Hoeveel keer het die HERE dit nie gesê en hoeveel het dit nie gebeur nie ...? Gebeur het soos Hy gesê het dit gaan gebeur. Skryf hierdie woorde in ‘n boek! Skryf dit neer vir hierdie geslag en die toekomstige geslagte sê die HERE vir sy profeet Jeremia, net soos Hy dit vir Moses gesê het ... en vir Dawid en vir Salomo en al die ander Bybelskrywers ... tot en met die apostel Johannes op die eiland Patmos: Skryf! Bron: Jeremia 30 Daar kom dae ... God se plan, dag vir dag. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 01 03 Musiek gebruik in hierdie video: GK Matlabas gemeentesang. position: 250
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page