top of page

Christus se verlowing
Preek Lukas 2 - Woorde uit sy Woning
Hier waar die Seun van God, die Christus, papnat in die water staan, sien ons iets van die Goddelike misterie. Christus kom om te oordeel. Maar eers kom staan Hy in die Jordaan, laat Hy Hom onderdompel, laat Hy die teken van God se komende oordeel oor sy kop stroom ... saam met sy mense, saam met sy broers en susters. En daardeur verbind Hy Homself met sy volk. Woordverkondiging uit Lukas 3, ds Gustav Opperman,. Skokkend ... Israel staan hier voor die Here op dieselfde basis as die heidenvolke ... en ... en ... God se oordeel is aan die kom! Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? Ons sien die beeld van 'n nes van krioelende slange wat begin skarrel in die hitte van ‘n aankomende veldbrand. Ons sien die beeld van die byl wat teen die wortel van die bome lê, maak nie saak hoe diep daardie wortels is nie, maak nie saak maak nie saak hoe ver terug ons ons geslagslyn na Abraham kan terugvoer nie. Die byl lê teen die wortel van die bome, die vrugtelose bome gaan afgekap word. God se oordeel is aan die kom. Wie gaan daardie oordeel bring? Die Messias gaan dit bring. Die Christus van God gaan dit bring ! God se Gesalfde is aan die kom en Hy bring ‘n vloed van vuur! Ek doop julle wel met water, maar Hy wat kom ... Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Bron: Lukas 3 Christus se verlowing Doop Marion Mihle Roets Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 07 28 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Psalm 105:1,5 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble) Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Tel: 018 297 3986/7/8/9 Faks: 018 293 1042 bestellings@gksa.co.za Toestemming: Ds Eric Kayayan position: 358
bottom of page