top of page

Christus neem ons plae op Hom

Preek Lukas 5 - Woorde uit sy Woning

Die ellende wat ons hier op aarde ervaar, die siektes, die plae, die pandemies, die agteruitgang, uiteindelik die dood self, al die ellende wat ons in hierdie jammerdal ervaar, soos die belydenis hierdie aarde noem, al hierdie ellende is nie vir God normaal nie. Hy is die Here wat gesond maak. Woordverkondiging: Lukas 5, ds Gustav Opperman,. Ons het gewoond geraak aan die ellendes en pandemies en plae. Daarom beskou ons dit as normaal. Daarom beskou ons Jesus se genesings as wonderwerke, maar dis nie wonderwerke vir Hom nie ... Vir die Here is dit bloot die herstel van dit wat abnormaal is, na dit wat in sy koninkryk normaal is: gesondheid. Met elkeen van Jesus Christus se wonderwerke leer ons iets van onsself, met elkeen van sy wondergenesings leer ons iets van Hom, ons Here. Vandag hier, in ons omstandighede, wil die Here ons ook iets leer. Hier, vandag waar ons nie eintlik meer ‘n probleem met melaatsheid het nie ... Ander aansteeklike siektes en peste is daar wel, en daarvan weet ons maar al te goed, maar nie soseer melaatsheid nie. Maar tog, ken ons melaatsheid, broeders en susters, ‘n ander soort melaatsheid ... ‘n melaatsheid hier binne ... die aandoening van die siel, die dodelike verbreiding van die sonde, die verrotting van die gees ... Ja, ons sien hoe mense se lewens uitmekaar val daardeur. Ons ervaar hoe dit huwelike en gesinne aantas, hele families, hoe dit in gemeenskappe om ons en die wêreld uitbrei en verwoesting saai. Hierdie mense leef buite die laer van God se genade. Hulle leef buite die heilige stad. Die toegang tot die huis van die HERE is vir hulle verbode. Hulle sal nooit God se vriendelike aangesig sien nie. Koning Dawid het sy geestelike melaatsheid geken toe hy Psalm 51 geskryf het. Wis uit die smet, wat kleef aan al my lede, was sy gebed. Net soos die lyder, van melaatsheid vry, verlangend na die teer gemeenskapsbande, besprinkel word deur priesterlike hande ... Ontsondig, HEER, ontsondig so ook my! Bron: Lukas 5:12-16 Christus neem ons plae op Hom Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 08 01 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 143
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page