top of page

Christus kom verseker! Hoe sal ons voorberei? Wat word van ons verwag?

Preek Lukas 3 3 - Woorde uit sy Woning

Wat sou gebeur as die koningin van Engeland of die president van Amerika vir een of ander rede Matlabas sal besoek? Vir een of ander rede hierdie gemeente sal besoek? Wat moet ons dan doen? Hoe sal ons ons daarvoor voorberei? Wat word alles van ons verwag? As die Koning Jesus Christus is wat hier aankom, hoe gaan ons voorbereidings lyk? Ons sal besoek ontvang van die Koning van alle konings! Christus kom verseker! Hoe sal ons voorberei? As ons onsself net vir 'n oomblik kan indink wat sou gebeur as die koningin van Engeland of die president van Amerika vir die een of ander rede Matlabas sal besoek. vir een of ander rede hierdie gemeente sal besoek ... Wat moet ons dan doen ? Hoe sal ons daarvoor voorberei ? Wat word alles van 'n mens verwag ? Dis 'n vraag wat sekerlik by talle plekke waar die presidente en konings al besoek het, opgeduik het. Daarvoor het die president se kantoor ook 'n sekere persoon aangestel. Hy is die een wat in beheer is van die presidensiële protokol. Hy sorg dat al die reëlings rondom so 'n besoek glad verloop. Hy en sy mense sal reeds 'n week of meer voor die tyd hier opdaag. Hulle is gewoonlik manne met ontwerpersklere, blink motors, blink skoene en duur selfone. En hulle sal reël dat alles seepglad gebeur: waar op die gras die helikopter sal land, waar die dominee en die kerkraad die president moet inwag, waar ons die rooi tapyt moet uitrol, waar ons die blomme moet sit, waar die blombakke wat ons gehuur het, moet kom. Op sy eie sal die kerkraad in elk geval 'n paar besluite neem: dis nou sekerlik tyd dat die gebou 'n slag weer heeltemal skoon gemaak word, Hulle sal hulle sê dat die hout in en om die gebou 'n slag goed vernis en gepoleer word, dat die stof in die heel agterste hoekies hierdie keer bygekom moet word, dat selfs die kougom wat onder die kerkbanke vassit afgehaal moet word, dat die kerkraad self op die dag hulle beste pakke klere sal aantrek. Dis baie onwaarskynlik dat die president van Amerika ons ooit sal besoek … eintlik heeltemal onwaarskynlik. Wat ons wel weet, wat ons vir seker weet uit die woord van die Here weet is dat die Here Jesus Christus ons eendag wel kom besoek. Daarvan is ons seker. Die vraag is nou en dis dieselfde vraag wat die skares van Juda destyds gevra het: wat moet ons dan doen? As dit Koning Jesus Christus is, wat hier sal aankom, hoe gaan ons voorbereidings dan lyk? Bron: Lukas 3 Wat sal ons dan doen? Protokol vir die Koning van alle konings Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 01 07 Musiek: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 508
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page