top of page

Boodskap van vrede bring weerstand.
Bybelstudie 55 Lukas 12 - Woorde uit sy Woning
Maar wanneer Hy sy boodskap bring, dat daar vrede is by God deur Hom, dan is daar weerstand. Dan is daar erge weerstand ... en daardie weerstand bring verdeeldheid. Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 55ste in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. Bron: Lukas 12:49 tot 55 Boodskap van vrede bring weerstand. Ds Gustav Opperman Lukas Bybelstudiereeks#55 Christus vir Vandag 2018 10 10 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 540
bottom of page