top of page

Bo-op die berg van gebed

Preek Psalms 72 Heidelbergse Kategismus 52 - Woorde uit sy Woning

Hier is meer as enige aardse messias ter sprake. Hier is Iemand wat alle konings transendeer: meer as Alexander of Napoleon, meer as ‘n Madiba of Obama. Hy het nie van ons ‘n rooi tapyt nodig nie en as Hy die dag weer kom, dan sal Hy nie met die Amerikaanse straler Air Force One kom nie. Nee, wanneer Hy kom, dan hoor ons ‘n groot stem vanuit die hemel uitroep. Laaste video in die Troosreeks: Bely uit die Psalms. Kyk die hele reeks op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Uit die hemel roep die engele: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus (Openbaring 12:10). Die droë Christuslose siele van hierdie wêreld versmag ... daar is niks wat hulle kan verkwik nie ... niks wat hulle verlies aan God kan bevredig nie ... nie geld nie, nie die hartstog van die jeug nie, nie die sukses van die wêreld nie, nie die verslawings van die hart nie ... Niks. Net God se evangelie kan weer lewe bring. Die ganse skepping word deur Christus se koms getransformeer,. Dit waarna die skepping met reikhalsende verlange uitgesien het, word werklikheid. Die vervloekte aarde word onherkenbaar verander daar is volheid van koring op die land, het ons gelees. Verby is die moeite en die verdriet. So vol en ryk is die koms van die messias, dat die koring nie net op die lande sal wees nie, maar ook op die top van die berge ... daar waar jy dit nou glad nie sal verwag nie. Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 52.2 Vraag 128,129, Psalm 72 Bo-op die berg van gebed HK Troosreeks: Bely uit die Psalms Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 08 19 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Intro: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Outro: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 278

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page