top of page

Blydskap as beskutting

Preek Nehemia 8 - Woorde uit sy Woning

Onthou u nog hoe die HERE destyds vir Kain gewaarsku het? Kain was die eerste mens wat ooglopend geen blydskap in die HERE gevind het nie. Sonder die blydskap in die HERE se wonderlike genade, sonder daardie blydskap stel ons onsself wawyd oop vir die vyand. Woordverkondiging: Nehemia 8, ds Gustav Opperman. Trouens, dit staan in soveel woorde in die vyfde boek van die HERE se wet, Deu 28: Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie, sal jy jou vyand dien ... in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles (De 28:47ev.). Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie, sal jy jou vyand dien. Die blydskap in die HERE ... dit is julle beskutting. Verbly julle in die Here, so skryf die apostel Paulus aan die Filippense, verbly julle altyd in die Here ! Dis ‘n ou man wat hierdie woorde geskryf het, geliefdes, ‘n verhoorafwagtende gevangene van keiser Nero. Die swaard van die Romeinse soldaat hang oor sy nek, een flits ... en dit was alles verby ... en dis ook inderdaad hoe dit gebeur het. Maar eers moes hy skryf, eers moes sy laaste opdrag aan die Filippense rig: Verbly julle altyd in die Here ! ek herhaal: verbly julle! (Filippense 4:4 ev) Ons is verlostes, geliefdes. Ons is die bevrydes. Ons is saam met Esra en Nehemia bevry uit ballingskap ... en ons waardig bevind om Jerusalem se mure te herbou om saam met Paulus in die Koning se diens te wees. Verbly julle in die Here! Bron: Génesis 4:1-8, Nehemia 8:1-12, Filippense 4:1-9 Blydskap as beskutting Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 01 19 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 137
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page