top of page

Bly om kerktoe te gaan?

Preek Psalms 122 - Woorde uit sy Woning

Was daar by ons ook vanoggend entoesiasme, ‘n onuitbluslike vreugde en blydskap om weer met ons voete in Jerusalem se poorte te staan? Kom my vrou! Kom my kind! Kom besoekende familie! Kom buurman, kom vriend! Kom laat ons optrek hiervandaan om in die HEER se huis te staan. Woordverkondiging Psalm 122, ds Gustav Opperman,. Verlede Sondag het ‘n merkwaardige toneel hom op ‘n Kaapse strand afgespeel. U weet dat tot verlede Sondag was alle strandbesoek verbode ... net soos ons kerkbesoek. Niemand mag strand toe gaan nie. Verlede Sondag het daar honderde Kaapse sonaanbidders by Muizenberg saamgedrom. Ek noem hulle sonaanbidders, want dit is waar jy hulle Sondae sal vind ... buite in die son. Hulle godsdiens is om Sondae op die strand te verkeer ... met die hond aan ‘n tou met die ander frisbee gooiers of daar op die branderplanke in die golwe. Verlede Sondag het hierdie kinders van Moeder Aarde gewys dat hulle genoeg gehad het van die regering se inmenging met hulle aanbidding en hulle het die strand onwettig begin betree ... in hulle honderdtalle ... Soos gewoonlik was die polisie ook op die toneel maar die keer hulle moes magteloos toekyk toekyk hoe die skare die inperkingsregulasies verontagsaam. Magteloos toekyk hoe die strandgangers met hulle voete in die water gaan staan En mens kan jou voorstel hoe die een strandloper geesdriftig vir die ander sê: ek was bly toe jy vir my gesê het kom, laat ons vanoggend strand toe gaan. Kyk, ons voete staan nou weer op heilige grond op Moeder Aarde se heilige grond ... en is dit nie wonderlik nie? Geliefdes, ons daarenteen, is vanoggend wettig hier bymekaar ... Ons daarenteen, dien die ware God, die enige ware God ... In die huis van God is ons die erfgename die erfgename wat die vette van sy huis ervaar ... Sondag na Sondag. Was daar by ons ook vanoggend entoesiasme? Bron: Psalm 122 Bly om kerktoe te gaan? Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 02 07 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 230
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page