top of page

Bid om Wedergeboorte

Preek 1 Konings 17 - Woorde uit sy Woning

Nou mag dit wees dat u miskien vandag ook dalk met ‘n dooie kind in huis sit, wel gedoop, soos hierdie kind vandag gedoop word, maar daardie hart klop nie vir die Here nie. Daardie hart lewer geen gebed op nie, daar is geen sug van verlange om in die verlossing van Christus te deel nie. Wat kan ons doen om die situasie om te keer? Worstel met God! Worstel om die siel van u kind! Woordverkondiging: 1 Konings 17, ds Gustasv Opperman,. Ons kan en ons moet vermaan, waarsku dat die breë weg die pad na die verderf is ... tydig en ontydig ... dit moet ons doen ... maar ons moet ook besef ons kan nie daardie kind nuwe lewe skenk nie ... Dis God alleen ... God alleen wat lewend kan maak. en kyk, sien en glo uit ons Skrifgedeelte die gebed van die regverdige het groot krag ... en weet dat Elia ‘n mens was ... net soos ons, u en ek Ook net soos u, geagte ouers wat vandag die kindjie laat doop ... Strek jouself uit, medestryder in die geloof een, twee maal, drie maal smorens, saans ... worstel met God worstel om die siel van u kind. Vra die onmoontlike kragtens die almagtige ewige God se grondelose barmhartigheid Vra die onmoontlike in die Naam van onse Here Jesus Christus. Bron: 1 Konings 17 Bid om Wedergeboorte! Doop: Helene Johanna Trichardt Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 11 07 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 92
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page