top of page

Bewaak jou hart!

Mat 24 Ds Gustav Opperman GK Innesdal @WoordeuitsyWoning ​

Ons Doppers is gelukkig nie meer so streng of eng soos ons voorouers nie: daardie ou klomp knolle, wat selfs teen dans ook was! Ons Doppers is deesdae baie meer ontspanne as wat die vaders was. Ons kan darem nog die lewe geniet. Maar nou kom die Woord van die Here na ons toe vanoggend en dis nie ‘n woord wat my gerusstel nie. Trouens dis eerder ‘n woord wat my gespanne maak. Die Here sê vir ons: Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.  Vir diegene wat iets van die Seun van die Mens weet, is dit eintlik ‘n ontstellende woord. 


Ons leer dat die Seun van die mens wel kom en met sy koms kom daar 'n skeiding, ‘n radikale skeiding.  Van die twee mans wat saam op die jagveld is, word die een aangeneem en die ander verlaat.  Van die twee vroue wat saam by ABSA werk, word die een aangeneem  en die ander verlaat.  Maar dit sal nie net ‘n skeiding wees  tussen die kerk en die wêreld nie, daar kom ook ‘n skeiding binne-in die kerk self. Nie net ‘n skeiding  tussen diegene wat saam by ABSA werk nie, maar ook ‘n skeiding  tussen die wat saam by die GKSA kerk.  


Bron: Mat. 24:36 – 25:13 

Teks: Mat. 25:13 Waak dan,  omdat julle die dag en die uur nie weet  waarop die Seun van die mens kom nie. 

Tema: Bewaak jou hart. 

Psalms: 96:1,2; 96:5,8; 19:6,7; 118:13,14; 33:9,10,11 

Opnamedatum: 2023 07 30  


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  Met dank en erkenning:  

Ps 144 Glorieryke Psalms  www.ico.org.za info@ico.org.za  

Tel: 0824914965/ 012 332 0336  Orrelis: Harry Jonkers 


Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ 

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page