top of page

Bedink jy lewe en vrede?

Preek Romeine 8 - Woorde uit sy Woning

Waar vind ons die regte balans? Die regte perspektief oor die werk van die Heilige Gees? Ons vind dit natuurlik in die Bybel en vanaand in besonder in Romeine 8. Daar is geen veroordeling vir die wat in Christus is nie. Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Ons as gelowiges is nie besig om dan in die genade te wees en dan buite die genade te val nie. Die wat nie in Christus is nie, die wat nie aan Hom behoort nie (soos ons vanaand gelees het) bly onder die vloek van die wet. As hulle oortree, dan kom die volle konsekwensies van God se wet in werking en dit loop uit op die dood ... net soos moord met voorbedagte rade in baie plekke in die wêreld op die doodstraf uitloop. Nou, daar is ‘n verskil in die verhouding met God se wet ... ‘n verskil tussen die ongelowige en die gelowige, tussen die wat nie aan Christus behoort nie en die wat wel in Christus is. Hulle verhouding teenoor die wet staan verskillend. Dit is soos die verskil tussen ek wat ‘n oortreding teen die landswette begaan en dan dienooreenkomstig die straf moet dra of ek wat verkeerd teenoor my vrou optree en haar daarmee diep teleurstel ... haar daarmee teleurstel en ook in die proses teleurstelling met myself ervaar. Die een oortreding bring noodwendig straf en vergelding, die ander oortreding bring pyn en teleurstelling, maar genadiglik bly ons verhouding heel ... en kan dit selfs as gevolg daarvan verdiep. So lees ons dan ook in die apostel Paulus se brief aan die Efesiërs dat hy ‘n beroep op die gelowiges daar doen om nie die Gees van Christus te bedroef nie (Efesiërs 4:30). Dis mos immers wat ons doen wanneer ons ons geliefdes teleurstel: ons bedroef hulle. Ons kan die Gees van Christus bedroef, maar daar is geen veroordeling vir die wat in Christus is nie. Die Gees van Christus, die Heilige Gees. Bron: Romeine 8:6 Bedink jy lewe en vrede? Romeinereeks: Reg voor God#35 Ds Gustav Opperman Gereformeeerde Kerk Matlabas 2019 08 25 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition position: 372
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page