top of page

Bedien die Brood van die Ewige Lewe: Hoe gemaak as kerke tekort skiet?

Preek Matthéüs 14 - Woorde uit sy Woning

Ons weet ons moet die liefde van Christus in hierdie gemeenskap uitdra, want hier is baie skape wat sonder die Herder, Jesus Christus, rondmaal ... Hier is skape en kerke met 'n gereformeerde belydenis wat nie meer herwaarts of derwaarts weet nie! Ons aanvaar die opdrag, Here, maar wat van die tekort? Waar sal ons die finansies kry? Waar sal ons die finansies kry om die Woordbediening te onderhou? Waar sal ons die finansies kry om die Woordbediening uit te brei?! God kyk na die mensdom en kry hulle innig jammer! Daar is ‘n tekort. Maar nie net op materiële gebied nie, ook op ander gebiede skiet die kerk tekort. In baie gemeentes is daar ‘n gebrek aan manlike leierskap. Daar is ‘n gebrek aan ampsgawes. Daar is ‘n tekort aan gewilligheid. Ja, moet ons ook tot ons beskaming sê: Daar is ook dikwels ‘n tekort aan liefde en ywer. Wat om te maak met hierdie tekorte? Waarmee sal ons die werk doen wat gedoen moet word? Die Here Jesus sê: Bring dit hier vir my! Ja, dis wat ons moet doen! Ons moet dit vir Hom bring. Kom laat ons eerstens ons tekort na Hom bring. Kom laat ons eerstens die bietjie wat ons het, na Hom bring. Kom ons gaan na Hom toe met die bietjie wat ons het. Kom ons bely teenoor Hom ons onvermoë, bely ons swakheid. Kom ons bring Hom die sente wat ons het en ons dra dit aan Hom op, sodat Hy dit weer aan sy Hemelse Vader kan opdra. Bron: Matthéüs 14 Bedien die Brood van die Ewige Lewe! God en ons tekorte Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 03 17 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 494
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page