top of page

Angstig oor Suid-Afrika? Onrustig oor die toekoms?
Preek Habakuk 3 - Woorde uit sy Woning
Angstig oor die toekoms? Onrustig oor Suid-Afrika? Lees Hab 3 Derde aflewering in die Habakuk Minireeks Teks: Habakuk 3:16 Ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid Tema: Bewend maar rustig. Ons vind die term Juig in die titel van een van die bekendste Christelike tydskrifte in hierdie land. Juig word in twee weergawes uitgegee. Die Engelse weergawe word Joy genoem. Die Nuwejaarsuitgawe bevat die volgende stelling in die hoofartikel: Wat Suid-Afrika se toekoms betref, staan daar, hou ons as kinders van God die hef in die hand. Dit is vir ons, die meerderheid, om te besluit hoe ons die land rigting gaan gee. Die lesers is ook welkom om artikels vir publikasie voor te lê: Volgens hulle webbladsy is hulle op soek na persoonlike getuienisse oor genesings of oor wonderwerke. Nou dink ek as die profeet Habakuk aan die hand van hierdie professie wat ons vandag weer voor oë het, ‘n artikel vir Juig sou skryf oor die toekoms van sy land sou die redaksie dit sekerlik nie aanvaar nie. Uit sy professie is dit duidelik dat die kinders van God nie die hef in die hand het nie. In sy land het hulle niks in die hand nie. Habakuk se getuienis getuig ook nie van persoonlike wonderwerke nie ... ook nie genesings nie. Die volk is siek! Die land is siek! En besoedel en die plunderaars en grondbesetters is aan die kom. In 1880 het die rooi baadjies van die Britse Empaaier gekom en hulle het die Ou Transvaalse Republiek beset en hulle het belastings vir die Britse koningshuis gehef. Twintig jaar later het hulle weer gekom ... Dit was die Tweede Vryheidsoorlog. In daardie jare het die vyebome nie langs die leivoor gebloei nie. Die Boere se saailande geen voedsel opgelewer nie. Die kleinvee in die kraal is met bajonette doodgesteek en die Empaaier soldate het die Boere se beeste vir hulle bediendes gegee om te slag. Nou het ons in hoofstuk twee van Habakuk se professie geleer: Die plunderaars gaan weliswaar self onder God se oordeel kom, maar die oordeel begin by Juda, by die kinders van God. Die oordeel begin by die huis van God, soos ons ook elders in die Bybel staan. Nou hier in hoofstuk drie bid ons profeet en sy gebed is eintlik ‘n uitbreiding op die stelling wat hy in hoofstuk twee vers vier maak: Daardie bekende woorde wat ook dikwels in die Nuwe Testament aangehaal word: die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. Die regverdige sal deur sy geloof lewe. Dit beteken dat hy deur verwoesting heen, dat hy in die verwoesting vreugde sal kan ervaar ... selfs ‘n uitbundige vreugde ... ‘n Gejubbel sal by hom opborrel. Hy sal juig in die God van sy heil, al is al wat hy sien en ervaar net chaos en verwoesting. En dit, broeders en susters, is net moontlik as jy God ken, werklik ken ... nie soos die duiwel Hom aan jou voorstel nie, nie soos die wêreld Hom graag wil hê nie, nie soos jy hom in jou kinderjare liefgekry het nie ... as die liewe Jesus wat net daar is om die pleisters op al jou einas te plak ... maar soos Hy werklik is, soos Hy Homself in sy Woord openbaar. Iemand het iewers opgemerk dat om God te ken, terselfdertyd die maklikste en moeilikste ding in die wêreld is... Bron: Habakus Minireeks 3 (2019 01 13) position: 650
bottom of page